Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

Noem My Jou Metafore ... Metaforiese Taal as Geloofstaal. (Research Articles)

Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

Noem My Jou Metafore ... Metaforiese Taal as Geloofstaal. (Research Articles)

Article excerpt

Abstract

Name your metaphors ... Metaphorical language as the language of faith

The use of metaphorical language is an inherent characteristic of all human communication. Faith is communicated by means of metaphorical language, images and imagination. In this article it is indicated how theology utilizes metaphorical ways of expression in order to communicate faith. Effective metaphors that speak to people in new and changing situations must constantly be found. A metaphorical theology is therefore essential and need to be promoted. A relevant theological metaphorology can only come about in dialogue with literature and the arts. Aspects of the so-called New Reformation are briefly discussed regarding the need to use new metaphorical ways of speaking.

Opsomming

Noem my jou metafore ... Metaforiese taal as geloofstaal

Die gebruik van metaforiese taal is 'n inherente kenmerk van alle menslike kommunikasie. Die geloof word ook deur middel van metaforiese taal, beelde en verbeelding gekommunikeer. In hierdie artikel word aangetoon hoe die teologie metaforiese spreke gebruik om God en die geloof tot spreke te laat kom. Geskikte metafore wat mense in nuwe of veranderende situasies kan aanspreek, moet voortdurend gevind word. 'n Metaforiese teologiebeoefening is dus onontbeerlik en moet uitgebou word. So 'n teologiese metaforologie kan net tot stand kom in dialoog met die literatuur en die kunste self. Aspekte van die sogenaamde Nuwe Hervorming word kortliks bespreek met betrekking tot die soeke na nuwe metafore.

1. Metafoor, simbool, beeld, verbeelding--dimensies van die teologie

Imagination is a necessary component of all profound knowing and celebration; all remembering, realizing, and anticipating; all faith, hope and love (Wilder, 1976:2).

Die besef groei toenemend dat ons op geen ander manier oor God of oor die werklikheid kan praat as in beelde of simbole nie. God kan nie in sillogismes vasgevang word nie--God kan net in "beeldtaal", in metaforiese of analogiese taal beskryf word. Deur beeldtaal word dit moontlik om God in sy verskillende "beelde" te ontmoet en om daardeur getransformeer te word. Simbole en simboolwerelde, beelde, verbeelding en metafore ontvang dus toenemend aandag. Daarmee saam neem die bewuswording van 'n metaforiese teologiebeoefening of 'n metafoorteologie as 'n wyse waarop gepoog word om God en die werklikheid uit te beeld, ook toe. Die eie aard en intensie van religieuse taal is veral in die simbolies-metaforiese aard daarvan gelee; daarom staan elke poging tot empiriese verifikasie en elke letterlike interpretasie sekonder teenoor die wese van religieuse taal (Heimbrock, 1993:138). Hierdie siening geld veral vir Bybelgedeeltes soos die gelykenisse van Jesus oor die koninkryk van God, maar dienooreenkomstig ook vir alle teologiese uitsprake. Religieuse taal beskryf nie die voorhande werklikheid nie, maar wil deur middel van simboliese of metaforiese spreke juis die onuitspreekbare moontlikhede en beloftes van die evangelie aandui. So was Jesus se spreke nie die van lering of idees nie, maar van oortuigende verbeelding, van spel, van mitiese skok en transformasie (vgl. Wilder, 1971:84). In 'n interessante uiteensetting toon Van den Berk (1991:73-74) dat elke waarheidsuitspraak metafories van aard is:

   De meest alledaagse woorden zoals 'boom' en 'water' zijn metaforen
   van werkelijkheden die ons ten diepste ontgaan. In het alledaagse
   gebruik voldoen ze. Van het woord 'water' word ik echter niet nat
   ... Wat is waarheid? Nietzsche antwoord: 'Een beweeglijk leger van
   metaforen, metoniemen, antropomorfismen, kortom een hoeveelheid
   menselijke relaties, die poetisch en rhetorisch verbeterd,
   over-gedragen en versierd worden en die na lang gebruik door een
   volk worden beschouwd als vast, canoniek en verbindend ...' Dit is
   een belangrijke gedachte. Er bestaat niet zoiets als een letterlijke
   en een beeldende taal. … 
Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.