Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

Die Psigologiese Identiteit Van Die Bose: Lacan, Aggressie En Op Soek Na Generaal Mannetjies Mentz (1)

Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

Die Psigologiese Identiteit Van Die Bose: Lacan, Aggressie En Op Soek Na Generaal Mannetjies Mentz (1)

Article excerpt

Abstract

The psychological identity of evil: Lacan, aggression and Op soek na generaal Mannetjies Mentz

The title of Christoffel Coetzee's novel Op soek na generaal Mannetjies Mentz introduces a wordplay on Mentz/mens and begs the question: What is man (die "mens")? Evil as portrayed in this novel can partly be explained by referring to the violent war circumstances, or it can be attributed to the philosophical idea of the "second nature" that Mentz develops in the course of the narrative. I use Lacan's theory of the formation of identity to explain irrational violence and evil in man. Evil--as seen in this novel--is the result of the following: the pain of a fragmented, suffering body; the identification with an ideal image or leader; the lack of self-reflection; the opposition between "us" and "them"," the Oedipal violence against the parent and the inherent violence of the law.

Opsomming

Die psigologiese identiteit van die bose: Lacan, aggressie en Op soek na generaal Mannetjies Mentz

Die titel van Chdstoffel Coetzee se roman Op soek na generaal Mannetjiee Mentz benadruk die belangrikheid van die woordspeling op

Ment/mens en lei tot die volgende vraag: "Wat is die mens?" Boosheid, soos voorgestel in hierdie roman, kan deels verklaar word deur die oorlogsituasie, of dit kan toegeskryf word aan Mentz se teorie van die "tweede natuur" soos dit ontwikkel in die verloop van die verhaallyn. Lacan se teode van identiteitsvorming word gebruik om die bestaan van irrasionele geweld en boosheid in die mens te verklaar. Boosheid--soos geteken in die roman--is ook die resultaat van die volgende prosesse in die roman: die pyn van 'n gefragmenteerde liggaam; die identifikasie met die beeld van 'n ideale leier; die gebrek aan selfrefleksie; die opposisie tussen die "hulle" en die "ons"; Oedipale geweld teenoor die ouer en die inherente geweld van die wet.

**********

1. Inleiding

Die titel van Christoffel Coetzee (1998) se roman Op soek na generaal Mannetjies Mentz impliseer dat 'n soektog ondemeem moet word om Mannetjies Mentz te identifiseer en te vind. Die woordspeling in die naam "Mannetjies Mentz" Iok die leser uit om te vra "Wat is die mens?" en om sodoende die deursneemens, of die mens as filosofiese subjek, te ondersoek. Die roman is ook 'n soektog na die redes vir geweld, aggressie en boosheid in die mens. In die artikel word aangevoer dat Lacan se teorie van identiteitsvorming die onverstaanbare en irrasionele boosheid van verskeie personasies in die roman en van die mens in die algemeen psigologies kan verklaar.

2. 'n Kollektiewe eienaam?

Die verteller noem in sy inleidende redakteursnota moontlikhede van hoe die gegewens oor Mannetjies Mentz, 'n misterieuse figuur uit die Anglo-Boereoorlog, geinterpreteer kan word. Die verteller, 'n amateurgeskiedkundige, se dat oorvertellings oor Mannetjies Mentz nie betroubaar is nie. Hy verwerp die moontlikheid dat Mannetjies Mentz 'n skuilnaam was. Die verteller vra dan die volgende vraag:

   Tweedens: was Mannetjies Mentz nie, byvoorbeeld, 'n soort
   'kollektiewe' eienaam nie, geskep met die uitsluitlike doel om 'n
   kapstok te wees vir 'n spesifieke soort optrede waarvoor niemand
   verantwoordelikheid wou aanvaar nie? (15) (2)

Dit is beduidend dat die verteller nie hier die betekenismoontlikhede van die naam ondersoek nie. Die woordspeling van "Mannetjies Mentz" en "mannetjiesmens" sou die idee dat Mentz 'n kollektiewe eienaam vir die spesie mens is, kon ondersteun. Deur die klankvorm veralgemeen Mentz tot mens, en dus enigiemand (Elckerlijc).

'n Leser van fiksie is egter nie 'n geskiedkundige nie en om Mannetjies Mentz in die eerste plek te sien as 'n kollektiewe eienaam, die amateur-geskiedkundige se tweede moontlikheid, is vir did leser sinvol. Die vraag is dan waarvoor hierdie eienaam staan. K. du Pisani (1999:175) en Chris N. van der MenNe (2001:72) sien Mentz as 'n simbool van absolute boosheid en die donker kant van die menslike natuur. …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.