Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

Waterslangverhale in Afrikaans: Die Relevansie Van Mitisiteit

Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

Waterslangverhale in Afrikaans: Die Relevansie Van Mitisiteit

Article excerpt

Abstract

Watersnake stories in Afrikaans: The relevance of mythicity

This article focuses on the reworking of the mythological motif of the water snake in Afrikaans literature. Water snake stories form part of the very first examples of Afrikaans texts in written form, whereas since the end of the twentieth century water snake symbolism has received renewed attention. The analyses of a selection of Afrikaans narratives are performed by utilising the concept of mythicity--a concept which can be defined as the conscious intention to probe the numinous dimensions of human existence by means of literature. The delicate balance between numinosity and narrativity is used as basis for the analysis and evaluation of the texts. The mythic potential of a narrative is not always fully realised, owing either to either restricting ideological and moralistic intentions or excessive association regarding the mythological symbol The following texts are discussed: Jakob Platjie by G.R. von Wielligh (1917), Die eerste lewe van Adamastor by Andre P. Brink (1988), Meraai van Rolbos by Charlotte de Beer (1989) and Die donker melk van daeraad by George Weideman (1994). The texts are not, however, discussed in chronological order. The relevance of mythicity is specifically illustrated in the Weideman anthology with its positioning of water snake symbolism in a specific historical context whilst simultaneously exploring universal dimensions.

Opsomming

Waterslangverhale in Afrikaans: die relevansie van mitisiteit

In hierdie artikel word gefokus op die verwerking van die mitologiese motief van die waterslang in die Afrikaanse letterkunde. Waterslangverhale maak deel uit van die heel vroegste voorbeelde van Afrikaanse tekste in geskrewe vorm; sedert die einde van die twintigste eeu het waterslangsimboliek opnuut weer aandag gekry. Die analise van 'n aantal geselekteerde Afrikaanse verhale word gedoen met behulp van die konsep mitisiteit, wat gedefinieer kan word as die bewuste intensie om die numineuse dimensies van die menslike bestaan deur middel van literatuur te peil. Die fyn balans tussen numinositeit en narratiwiteit word gebruik as basis vir die analise en evaluering van die tekste. Die mitiese potensiaal van 'n verhaal word nie altyd volledig vetwesenlik nie, wat toegeskryf kan word aan of inperkende ideologiese of moralistiese intensies of oormatige assosiering met die mitologiese simbool. Die volgende tekste word bespreek: Jakob Platjie deur G.R. von Wielligh (1917), Die eerste lewe van Adamastor deur Andre P. Brink (1988), Meraai van Rolbos deur Charlotte de Beer (1989) en Die donker melk van daeraad deur George Weideman (1994). Die tekste word egter nie in chronologiese volgorde bespreek nie. Die relevansie van mitisiteit word by uitstek aan die hand van die Weideman-bundel geillustreer, met die plasing van waterslangsimboliek in 'n spesifieke historiese konteks tetwyl universele dimensies terselfdertyd ontgin word.

1. Inleiding

Hierdie artikel sluit ten nouste aan by 'n verbandhoudende artikel in hierdie nommer van Literator, naamlik "Mitisiteit as basis vir vergelykende literatuurstudie, met verwysing na waterslangsimboliek." In genoemde artikel is 'n teoretiese uiteensetting gegee van die funksionering van mitisiteit, hoofsaaklik aan die hand van 'n aantal sentrale begrippe wat direk daarmee verband hou. Dithet ook geblyk dat die potensiele mitisiteit van 'n teks nie altyd voldoende gerealiseer word nie. In hierdie artikel word die werking van mitisiteit op konkrete wyse geillustreer deur die oorsigtelike analise van 'n aantal geselekteerde Afrikaanse waterslangverhale. Die relevansie van mitisiteit word bevestig waar die waterslangsimboliek op geslaagde wyse voortgesit word; Die donker melk van daeraad deur George Weideman (1994) geniet die meeste aandag in hierdie verband. Ander tekste word ook kortliks betrek ten einde verdere aspekte van die funksionering van mitisiteit te illustreer. …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.