Academic journal article Journal of Literary Studies

"Kuns En Argief" in Die Suid-Afrikaanse Skrywers-Outobiografie: Karel Schoeman En J.M. Coetzee

Academic journal article Journal of Literary Studies

"Kuns En Argief" in Die Suid-Afrikaanse Skrywers-Outobiografie: Karel Schoeman En J.M. Coetzee

Article excerpt

Opsomming

In Coetzee en Schoeman se outobiografiese tekste is daar motiewe wat ooreenstem (problematiese moederbinding, buitestanderskap en alternatiewe identiteite). Op grond van parallelle in hul roman-oeuvres ten opsigte van die verhouding tussen geskiedskrywing en fiksie, word 'n vergelykende ondersoek gedoen van Boyhood (Coetzee 1997), Youth (Coetzee 2002) en Die laaste Afrikaanse boek (Schoeman 2002), binne die raamwerk van Suid-Afrikaanse skrywers-outobiografiee.

Summary

There are parallels in the relationship between historiography and fiction in the oeuvres of Coetzee and Schoeman. A comparative study is undertaken of their auto-biographical texts within the framework of South African writers' autobiographies, and on the basis of related motives (problematic mother binding, the status of the subject as outsider, and alternative identities of the self) in Boyhood (Coetzee 1997), Youth (Coetzee 2002) and Die laaste Afrikaanse boek (Schoeman 2002).

   ... how (does) the liveliness of art ... avoid extinction within the
   cemetery ethos of the archive? ... the fact that art and
   archive ... intersect, troubles the binary opposition between
   creativity and conservation.

      Ronald Suresh Roberts

   ... the archive constantly moves between these two orders--excision
   and excess: between that which limits and that which is limitless.
   --Sarah Nuttall

      Refiguring the Archive (2002)

Inleiding

In Christa Wolfse outobiografiese roman Kindheitsmuster(1976) [Patterns of Childhood (1980)], vra sy haarself af "Wie sind wir so geworden, wie wir heute sind?" ("Hoe bet ons so geword soos ons nou is?"; my vertaling) en reageer dan met "Eine der Antworten ware eine Liste mit Buchtiteln". ("Een van die antwoorde sou 'n lys met boektitels wees"; my vertaling). Die outydse tradisionele tipe skrywers-outobiografie wat as uitgangspunt had die opslagplek van die "feite van die skrywer se lewe" oftewel argief, sal beslis so 'n lys met boektitels verskaf war die skrywer help vorm het. In die titel van een van Marguerite Yourcenar se outobiografiese tekste, Archives du nord (1977), maak sy self pertinent did konneksie met die aard van haar outobiografiese tekste as "argiewe". (1) (Haar driedelige outobiografie bestaan uit Souvenirs pieux [Pious Memories] (1974), Archives du nord [Archives of the North] (1977), en Quoi l 'eternite [What Eternity?] (1988). Sulke lyste is minder vanselfsprekend in die postmoderne lewensbeskrywing waar gewaande vastheid van die "self" en sy subjektiwiteit op losse skroewe staan, en die fokus van die kreatiewe handeling vorm. Waar eksperimenteel omgegaan word met die outobiografiese vorm, soos in Sartre se Le roots, staan die estetiese element, of die "kuns" van die vormgewing voorop, eerder as bloot die outobiografiese feite in chronologiese volgorde.

Die konsepte "kuns" (vir die meet kreatiewe lewensbeskrywing) en "argief" (vir die meet tradisionele, feitelik-georienteerde skrywers-outobiografie as opslagplek) is moontlik bruikbare konsepte as uitgangspunt vir 'n vergelyking van J.M. Coetzee se Boyhood (1997) en Youth (2002) en Die laaste Afrikaanse boek (2002) van Karel Schoeman. Hiernaas lyk die terme "hypernarrativia" ('n oorbewussyn van die eie ervaring as verhaal, met gepaardgaande liefde vir aanhalings en personae; of narratief as patologie (Eakin 1999: 124)) teenoor "dysnarrativia" (soos by outistiese kinders of Alzheimers-pasiente, waar die verhaal van die self ernstig ingekort is) (Eakin 1999:130), ook na moontlike "soekligteoriee" vir so 'n vergelyking.

Suid-Afrikaanse skrywers-outobiografiee

Die Suid-Afrikaanse korpus waarteen Schoeman en Coetzee se tekste as skrywers-outobiografiee gelees word, is wyd en verwikkeld. Tussen die hoe konsentrasie geskrifte met as fokus ervaringe in die Anglo-Boereoorlog is daar 'n duidelike subgenre van skrywersdagboeke in die werke van Plaatje, Reitz, Totius, Celliers en Johanna Brandt. …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.