Academic journal article Journal of Literary Studies

"'N Brief in 'N Bottel": 'N Lesing Van Karel Schoeman Se Die Laaste Afrikaanse Boek

Academic journal article Journal of Literary Studies

"'N Brief in 'N Bottel": 'N Lesing Van Karel Schoeman Se Die Laaste Afrikaanse Boek

Article excerpt

Opsomming

Hierdie artikel ondersoek die wyse waarop Karel Schoeman se outobiografie, Die laaste Afrikaanse boek (2002), 'n vermenging is van die verskillende genres wat hy in sy skrywersloopbaan beoefen het en voer aan dat sy teks 'n demonstrasie is van die bewering dat die outobiografie 'n hibridiese genre is wat in 'n groot mate teer op ander genres. In die lesing van die outobiografie word daar ook gefokus op die wyse waarop Schoeman se outobiografie 'n bepaalde reaksie op die Suid-Afrikaanse geskiedenis verteenwoordig. Daar word ook gewys op die moontlikheid om Schoeman se outobiografie te vergelyk met 'n verskeidenheid ander Suid-Afrikaanse outobiografiee wat op verskillende punte in die geskiedenis en vanuit verskillende perspektiewe geskryf is. Ten slotte word daar kortliks 'n vergelyking getref tussen Schoeman se outobiografie en die van 'n ander Afrikaanse skrywer, M.E.R., wie se outobiografie, My beskeie deel, in 1972 verskyn het.

Summary

This article discusses the way in which Karel Schoeman's autobiography, Die laaste Afrikaanse boek (2002), constitutes a combination of the different genres he has used in his writing career and argues that his text is a demonstration of the statement that autobiography is a hybrid genre that preys on other genres. This reading of the autobiography focuses on the way in which Schoeman's autobiography represents a specific reaction to South African history. The article points to the possibility of comparing Schoeman's autobiography to the wide range of South African autobiographies written at other historical junctures and from other perspectives. Finally a comparison is made between Schoeman's autobiography and that of another Afrikaans writer, M.E.R., whose autobiography, My beskeie deel, was published in 1972.

1 Inleiding

Karel Schoeman is een van die mees produktiewe en ook mees vereerde skrywers in Afrikaans. Die verskyning van sy outobiografie, Die laaste Afrikaanse boek in 2002, was dus 'n belangrike literere gebeurtenis in Afrikaans. Hierdie lesing van Schoeman se outobiografie wil fokus op 'n aantal verskillende kwessies. In die eerste plek wil ek ondersoek instel na die wyse waarop Schoeman se outobiografie 'n vermenging is van die verskillende genres wat hy in sy lang en produktiewe skrywersloopbaan beoefen het en probeer aantoon dat sy teks 'n demonstrasie is van die bewering dat die outobiografie 'n hibridiese genre is wat in 'n groot mate teer op ander genres. In die tweede plek wil ek nagaan in welke mate Schoeman se outobiografie 'n bepaalde reaksie op die Suid-Afrikaanse geskiedenis vertolk. Hierna wil ek Schoeman se outobiografie plaas binne die mosaiek van skrywers- en ander outobiografiee in Suid-Afrika wat in sy totaliteit 'n boeiende perspektief bied op die kompleksiteit van die Suid-Afrikaanse geskiedenis en samelewing.

2 Schoeman se outobiografie as hibridiese teks

Die reaksie op die verskyning van Schoeman se outobiografie het gewissel van lofprysing tot vemietigende kritiek. Abbott (1988: 609) wend, na aanleiding van die werk van Paul de Man, 'n poging aan om die outobiografie te definieer in terme van die leeshouding wat dit verg. Indien die leser te doen her met 'n feitelike teks word daar gevra: "Hoe is dit waar?"; in die geval van 'n fiktiewe teks is die vraag: "In watter mate vorm die teks 'n afgeronde en estetiese geheel?; en in die geval van die outobiografie word dit: "Hoe word die outeur hier geopenbaar?". Op die oog af lyk dit asof lesers soos Van der Merwe (2002) en Snyman (2003) war die teks besonder hoog aanslaan, neig in die rigting van 'n fiktiewe leeshouding en bevind dat die teks 'n afgeronde en estetiese geheel vorm. Ander lesers, soos Brink (2003), reageer weer sterk negatief op die teks omdat hy hou by 'n outografiese leeshouding wat vra "Hoe word die outeur hier geopenbaar?" en 'n antwoord kry war horn nie bevredig nie. Myns insiens reflekteer die uiteenlopende reaksies lets van die wesenstrek van die outobiografie, naamlik die feit dat dit 'n tekssoort is wat gekonstrueer word op die kruispunt van verskillende genres en gevolglik moeilik is om te definieer. …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.