Academic journal article Tydskrif vir Letterkunde

Antjie Krog En Haar Literere Moeders: Die Werking Van 'N Vroulike Tradisie in Die Afrikaanse Poesie

Academic journal article Tydskrif vir Letterkunde

Antjie Krog En Haar Literere Moeders: Die Werking Van 'N Vroulike Tradisie in Die Afrikaanse Poesie

Article excerpt

Antjie Krog and her literary mothers

This article looks at the way in which the Afrikaans poet Antjie Krog positions herself with regard to her female precursors or literary mothers in Afrikaans literature. A short survey is done of the different descriptions of the way in which literary tradition functions: the male-centred descriptions of T. S. Eliot and Harold Bloom are mentioned as well as descriptions of the way in which a female literary tradition functions in the work of Virginia Woolf, Elaine Showalter, Sandra Gilbert and Susan Gubar, Margaret Homans, Diane Sadoff and Naomi Hirsch. This is followed by an investigation into Antjie Krog's relationship with the work of her biological mother Dot Serfontein who is also a writer, into the way in which she signals a break with the male literary tradition in Afrikaans, into her relationship with other female poets like Elisabeth Eybers and Ingrid Jonker in Afrikaans as well as with historical figures who also wrote texts (even though these texts were diaries, journals and letters rather than literary texts). The conclusion is that the existing descriptions are not able to encompass Krog's complex relationship with her literary mothers: in her case the relationship with the female literary tradition includes connection as well as conflict and rejection. Key words: Antjie Krog, female Afrikaans literary tradition, Afrikaans poetry, Afrikaans literary history.

*********

Enkele gedagtes oor die begrip "literere tradisie"

Daar bestaan verskillende maniere van dink oor die begrip tradisie en die wyse waarop die individuele skrywer hom- of haarself plaas met betrekking tot 'n bepaalde literere tradisie. Literere leksikons en woordeboeke omskryf die literere tradisie as 'n versamelterm vir al die konvensies, vorme, literere tegnieke en uitdrukkingswyses wat 'n skrywer erf van die verlede. Alhoewel literatuurhistorici die tradisie soms sien as 'n chronologies opeenvolgende kontinuum van oorsaak en effek, is daar by die nuwe skrywer gewoonlik 'n aktiewe poging om die verlede te beheers en aan te pas by die behoeftes van die hede (vergelyk Shipley 1972: 418-419; Cuddon 1977: 702-703; Gray 1992: 290). Van die invloedrykste sienings oor tradisie was die van T. S. Eliot (1976: 14-15) wat geskryf het dat tradisie verband hou met 'n historiese bewussyn wat die skrywer dwing om te skryf met 'n bewustheid van al die skrywers wat hom voorafgaan het. Hy skryf verder dat geen digter of kunstenaar op sy eie gelees kan word nie, maar geplaas moet word teenoor sy voorgangers en dat die bestaande tradisie verander word met die toevoeging van elke nuwe werk. Harold Bloom (1973: 10-11) het op sy beurt die literere tradisie gesien as 'n oedipale konflik waarin die jong skrywer (die ephebe) in stryd tree met sy digterlike vader (die precursor) ten einde die "anxiety of influence" te oorkom en sy eie stem as skrywer te verwerf. Daar is dan ook in die Afrikaanse poesietradisie volop voorbeelde van die wyse waarop manlike digters by mekaar aansluit, met mekaar in gesprek tree en met mekaar wedywer. Die vraag kan egter gevra word hoe die vroulike digter in Afrikaans haarself plaas binne hierdie sterk man-gesentreerde omskrywings van die wyse waarop tradisie werk en wat haar verhouding is met sowel manlike as vroulike voorgangers.

Dit is 'n vraag wat homself veral opdwing wanneer 'n mens kyk na die oeuvre van 'n digter soos Antjie Krog wat haar oor die loop van meer as dertig jaar gevestig het as een van Afrikaans se belangrikste digters. Wanneer sy debuteer in 1970 bestaan daar in die Afrikaanse poesie 'n sterk manlike tradisie waarby sy kan aansluit, maar is daar relatief min vroulike voorgangers wat as voorbeeld of inspirasie vir haar kan dien. Voor 1970 was daar slegs enkele vroue wat hulle sodanig op die gebied van die Afrikaanse poesie laat geld het dat hulle werk in die kanon van die Afrikaanse literatuur opgeneem is. Indien 'n mens die kanon probeer aflees uit 'n belangrike bron soos Opperman se Groot verseboek (vergelyk Ohlhoff 1995, Van Coller 1999) was dit slegs Elisabeth Eybers, Olga Kirsch, Ingrid Jonker, Ina Rousseau en Sheila Cussons wat belangrik genoeg was om in die 1968-uitgawe van Groot verseboek opgeneem te word. …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.