Academic journal article Journal of Literary Studies

Tristia in Dialoog Met N.P. Van Wyk Louw Se Oeuvre

Academic journal article Journal of Literary Studies

Tristia in Dialoog Met N.P. Van Wyk Louw Se Oeuvre

Article excerpt

Summary

The article argues that the Afrikaans poet N.P. van Wyk Louw's last and greatest collection of poetry, Tristia (1962), constitutes a complex response to many ideas expressed in his earlier poetry or articulated in his polemical writings of the 1930s. More particularly, it is shown that Gestaltes en diere (1942) implies a movement away from the non-rational that is at times glorified in Louw's earlier work; that the figures of the hero and the cultural aristocrat are gradually replaced in his work by the intellectual whose activities are characterised by uncertainty and a cautious search for truth; and that Nuwe verse (1953) opens the possibility of a more sensual and less essentalistic appreciation of earthly glories. The latter hall of the article is devoted to an analysis of the concept of the sign, with its roots in medieval Christian aesthetics, as it appears in Tristia. This leads to the conclusion that Louw's later hermeneutics, which is based on a distrust of the symbol and a belief in humanity's inconclusive attempts at articulating its understanding of beauty and godliness, embodies a significant dialogue with the whole of his earlier work.

Opsomming

Die artikel argumenteer dat die Afrikaanse digter N.P. van Wyk Louw se laaste en grootste bundel, Tristia (1962), 'n komplekse reaksie bevat op baie idees wat in sy poesie tot uitdrukking kom of in sy polemiese geskrifte van die jare dertig geartikuleer is. Meer in die besonder word aangetoon dat Gestaltes en diere (1942) 'n beweging impliseer weg van die nierasionele wat soms in Louw se vroeer werk verheerlik word; dat die figure van die held en die geestelike aristokraat algaande in sy werk vervang word deur die intellektueel, wie se aktiwiteite gekenmerk word deur onsekerheid en 'n behoedsame soeke na die waarheid; en dat Nuwe verse (1953) die moontlikheid open van 'n meer sensuele en minder essensialistiese waardering van aardse heerlikhede. Die tweede gedeelte van die artikel is gewy aan 'n analise van die tekenkonsep met sy wortels in die middeleeuse Christelike estetika wat in Tristia verskyn. Dit lei tot die gevolgtrekking dat Louw se latere hermeneutiek, wat berus op 'n wantroue in die simbool en 'n geloof aan die mensdom se onvoltooide pogings om sy begrip van skoonheid en goddelikheid te artikuleer, 'n betekenisvolle dialoog met die geheel van sy vroeer werk beliggaam.

**********

Hoe enorm en blywend N.P. van Wyk Louw se bydrae tot die Afrikaanse geesteslewe in sy kritiese prosa ook mag wees, is dit bowenal sy digkuns wat van hom 'n groot figuur maak. Tristia, sy laaste, mees komplekse en grootste bundel uit 1962, is 'n werk so onuitputlik in omvang en diepte dat die laaste woord daaroor nooit gespreek sal word nie. Die boeiende van Tristia le onder meer in die feit dar Louw--soos Antonissen in sy resensie van die bundel opgemerk het--hier in 'n nuwe groot gedaante aan ons verskyn. (2) Wat my in hierdie opstel veral sal interesseer, is die vemuwing, maar ook hoe Louw se hele oeuvre agter Tristia resoneer en hoe die bundel 'n estetika, 'n filosofie en 'n geskiedsbeeld presenteer waarvan dit self ook die uitdmkking is.

By die lees van Tristia en veral "Groot ode" word dit vir die leser duidelik dar daar agter die diversiteit van literere vorme en temas, en agter Louw se presisering van taal, 'n brandskerp intellek op soek is na 'n houdbare en vertroostende perspektief op die onmiddellike werklikheid, die geskiedenis en die metafisika. En dit word 'n herinterpretasie, 'n verfyning, soros selfs 'n implisiete repudiering van vroeer temas, kwellings en obsessies in Louw se ele werk.

In my poging om hierdie dinge te agterhaal, le ek meer as wat gebruiklik of miskien fatsoenlik is die aksent op die gedagte-inhoud van Louw se gedigte. Ek gee hoofsaaklik aandag aan die verse waarin 'n beskouing geformuleer word op die teken, of die digterskap, of die menslike kondisie, hoewel 'n mens hierby moet opmerk dat selfs die kleinste fragment, anekdote of inval in Tristia van 'n besondere beskoulikheid getuig. …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.