Academic journal article Journal of Literary Studies

Verhaal as Heimwee Na Die Droom Van Geborgenheid

Academic journal article Journal of Literary Studies

Verhaal as Heimwee Na Die Droom Van Geborgenheid

Article excerpt

Summary

In de Vries's volume of short stories, Tot verhaal kom (2003), narration as means of understanding is investigated. In spite of the "narratavistic turn" in the humanities, de Vries takes a critical stance towards the possibilities of narration to help us to understand the world and ourselves. The closure offered by narratives might assist us to find meaning in our world but in all the short stories in this volume there is a consciousness that the closure offered by the stories is not enough. All perceptions, all emotions and experiences, can simply not be narrated. In every

story, it does not matter how well it is constructed, there is still something elusive that escapes closure. Therefore another story is always needed. These stories often reflect on those elusive elements that are excluded from the narration and of which one cannot be really aware at the rime of narrating.

Opsomming

In De Vries se bundel kortverhale Tot verhaal kom (2003), word vertelling as verstaanshandeling ondersoek. Ten spyte van die "narratiewe wending" in die geesteswetenskappe, is daar by De Vries nie 'n gemaklike aanvaarding van narratiewe teorie as oplossing vir ons gebrek aan begrip nie. Die sluiting wat verhale kan bied, hou wel geborgendheid in. Maar in al die verhale in hierdie bundel is daar 'n bewustheid dat die sluiting van verhale, hoewel dit die enigste manier is waarop mense kan probeer om sin te maak van hulle wereld, nogtans nie genoegsaam is nie. Alle waarnemings, alle emosies en ervarings, kan eenvoudig nie volledig weergegee word nie. Daar is aan elke vertelling, hoe goed afgewerk ook al, steeds iets wat ontglip. Gevolglik is daar altyd nog 'n verhaal nodig. Dit wat uitgesluit word, is dikwels nie nou kenbaar nie. 'n Mens is, in jou gretige poging om geborgenheid te vind in die samehang, meestal onbewus daarvan dat iets uitgesluit word. Om tot verhaal te kom is dus meer as om te probeer om 'n samehangende greep op die werklikheid te kry. In hierdie kortverhale is vertellings ook pogings om 'n bewustheid van die voorlopigheid van die weergawe te behou en om reeds in elke vertelling iets van die onbekende, uitgeslote "iets", te suggereer en te verken.

1 Inleiding

Die bundeltitel van De Vries se jongste bundel kortverhale, Tot verhaal kom (2003), dui reeds daarop dar 'n besinning oor vertelling, oor die verhaalkuns, sentraal in hierdie bundel staan. Dit is nie 'n nuwe tema in De Vries se uitgebreide oeuvre nie. Nadenke oor die verhaalkuns en 'n voortdurende eksperimentering met die moontlikhede van vertelling kenmerk immers De Vries se werk.

In hierdie artikel word ondersoek hoe De Vries vertelling as verstaanshandeling aanwend: vertelling as manier waarop gepoog word om van ervarings sin te maak. In die verhale in hierdie bundel is daar onder meer pogings om sin te maak van sinlose geweld en misdaad, om die politieke veranderings te probeer verstaan, maar ook om sin te maak uit herinnerings, en uit 'n voortdurende ervaring van verlies. "Tot verhaal kom" beteken dus dat De Vries letterlik so ver kom om die verhale te vertel -- om verhale uit herinnerings, uit ervarings en die emosionele reaksies op hierdie ervarings te maak. Maar "tot verhaal kom" het ook die verdere betekenis dat 'n mens tot stilstand kom om weer 'n greep op sake te kry: om tot verhaal te kom is om jou storie weer agtermekaar te kry.

Dat hier sommer twee metafore is wat op verhaal, op storie slaan, is sekerlik nie toevallig nie. Hierdie uitdrukkings bevestig dat mense samehang vind juis deur te vertel, deur stories te maak. Stories voorsien in die menslike behoefte aan samehang. Juis daarom het 'n storie 'n begin, middel en einde. So 'n einde, die slot van die verhaal, gee immers aan die ganse vertelling sin; dit laat blyk hoe alles wat vertel is saamhang om tot hierdie slot te lei (vgl. bv. Ricoeur 1984: 65-68). Die vertel van die verhale word genoodsaak deur 'n behoefte aan geborgenheid. …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.