Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

Taking a Line for a Walk: An Iconic and Intertextual Reading of T.T. Cloete's "Toepassings Van Dante" ("Applications of dante")/Op Loop Met 'N Lyn: T.T. Cloete Se "Toepassings Van Dante" Ikonies En Intertekstueel Gelees

Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

Taking a Line for a Walk: An Iconic and Intertextual Reading of T.T. Cloete's "Toepassings Van Dante" ("Applications of dante")/Op Loop Met 'N Lyn: T.T. Cloete Se "Toepassings Van Dante" Ikonies En Intertekstueel Gelees

Article excerpt

Abstract

The cycle of poems in T.T. Cloete's "toepassings van dante" ("applications of dante") has iconic characteristics but also resonates within wider intertextual and cultural spheres. The interpretation of the poems presented in this article attempts to incorporate textual aspects such as iconicity, referentiality, self-referentiality and representation as well as the intertextual and cultural meanings generated by the texts. The poems refer directly to Dante's "Paradiso", activating the codes of chivalry which informed medieval poetry, but the strong visual nature of the poems also leads the reader to Paul Klee's esthetic and visual principles and Bachelard's views on form and space. The coherence as well as the development of themes are discussed. Line, movement and form are depicted as dynamic aspects of creativity but ultimately the paradoxical relation between beauty and functionality is thematised. Nevertheless, it is emphasised that even in the interpretation of the multilayered meanings of the texts, the referential nature of language and the iconic nature of the text are basic and therefore essential aspects of the generation of meaning.

Opsomming

Die gedigte in die siklus "toepassings van dante" in die bundel "ldiolek" van T.T. Cloete vertoon sterk ikoniese eienskappe maar betrek ook 'n wyer verwysingsveld. In hierdie artikel word die siklus bespreek deur aandag te gee aan ikonisiteit, referensialiteit, selfreferensialiteit en representasie sowel as aan die wyer intertekstuele raamwerke waarbinne die gedigte gelees kan word. Afgesien van die implikasies van Dante se "Paradiso" en die hoofse kultuur vir die betekenis van die gedigte, lei die sterk visuele en vormlike bewustheid in die siklus daartoe dat dit gelees kan word saam met die kunsteoretiese sienings van Paul Klee en Bachelard se beskouings oor die betekenis van ruimtelike vorms en veral rondheid. Die deurlopende temas in die siklus word aangetoon, maar ook die ontwikkeling in die gedagtegang wat in die siklus as geheel na vore kom. Lyn, beweging en vorm word ikonies sowel as tematies ontgin as dinamiese skeppingsbeginsels en uiteindelik maak die verse 'n stelling oor skoonheid en funksionaliteit as skynbaar opposisionele kragte. Die artikel probeer illustreer dat in die ontleding en interpretasie van die meervoudige betekenispotensiaal van die gedigte die basiese referensiele en ikoniese eienskappe van taal en van die teks nie buite rekening gelaat kan word nie.

Kunst gibt nicht das Sichtbare wieder, sondern macht sichtbar-Paul Klee. (Anon, 2006.)

1. Inleiding

Een van die merkwaardige eienskappe van taaltekste is die vermoe om gelyktydig referensieel en selfrefensieel, (arbitrer) representerend en kultureel bepaald en bepalend te wees. Hoe hierdie gelyktydigheid in tekste manifesteer, is een van die boeiendste aspekte van interpretasie en literatuurstudie in die algemeen:

One cannot think of the sign without seeing it in some way characterized by its contextual destiny, but at the same time it is difficult to explain why a certain speech act is understood unless the nature of the signs which it contextualizes is explained. (Eco, 1984:22.)

In hierdie artikel word die drie gedigte in die kort siklus (1) "toepassings van dante" van T.T. Cloete uit die bundel Idiolek (Cloete, 1986:51-53) bespreek om die komplekse verhouding tussen referensialiteit, selfrefensialiteit en representasie, sowel as intertekstuele inbedding en verwysing te ondersoek. Cloete se poetiese oeuvre leen sigself by uitstek daartoe om hierdie kwessie te ondersoek op grond van twee prominente eienskappe wat sy oeuvre kenmerk. Daar is enersyds die tegniese kompleksiteit van die gedigte, insluitend die veelvuldige gebruik van verskeie vorms van ikonisiteit en andersyds die skopus van sy tematiek en die wye intertekstuele verwysingsveld wat in die gedigte geintegreer word (Du Plooy, 1995:5). Dit is egter veral die manier waarop hierdie twee aspekte in die gedigte ineengroei wat die lees en ondersoek van die gedigte boeiend maak. …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.