Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

"Smell the Rot in the Armpits": Breyten Breytenbach's Perspectives on the corpse/"Ruik Die Verderf in Die Kieliebakke": Breyten Breytenbach Se Blik Op Die Lyk

Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

"Smell the Rot in the Armpits": Breyten Breytenbach's Perspectives on the corpse/"Ruik Die Verderf in Die Kieliebakke": Breyten Breytenbach Se Blik Op Die Lyk

Article excerpt

Abstract

The purpose of this article is to analyse Breyten Breytenbach's so-called corpse poem, "bekommernis", taken from his debut album "die ysterkoei moet sweet" (1964). The theoretical point of departure is the theories of Kristeva, in particular her essay on abjection. Not only does the article focus on Breytenbach's portrayal of the abject, but also shows to what extent his use of language describing death, decay and the cadaver illustrates what Kristeva calls "a revolution in poetic language" Given the fact that the poem is situated in a Zen Buddhist context, the Zen philosophy on death and dying is also taken into consideration when analysing aspects such as the dissolution of the ego, the bardos of death, et cetera.

Opsomming

Die doel van hierdie artikel is om Breyten Breytenbach se lyksdig "bekommernis" uit sy debuutbundel "die ysterkoei moet sweet" (1964) te ontleed. Die teoretiese vertrekpunt is die werk van Kristeva en in die besonder haar opvattings oor die abjekte. van Breytenbch se taal ten opsigte van die uitbeelding van verval, verrotting en die dood aansluit by dit wat Kristeva as 'n revolusie in poetiese taalgebruik beskou. Aangesien die gedig in 'n Zen-Boeddhistiese konteks gesitueer is, word laasgenoemde se opvattings oor die dood, die sterwensproses en die onthegting van die ego onder meer ook betrek.

1. Inleiding

In die Afrikaanse letterkunde is etlike gedigte wat handel oor die dood van 'n geliefde, maar dit is opvallend hoe min werklike lyksdigte daar in Afrikaans bestaan. Laasgenoemde verwys na gedigte wat pertinent oor die lyk handel en wat vir die leser 'n beskrywing gee van die afgestorwene se liggaam, of die waarin die lyk self aan die woord gestel word. In my aanvanklike ondersoek (Crous, 2008) het ek op enkele voorbeelde gekonsentreer, onder meer D.J. Opperman se "Mev HSM Opperman" uit Edms. Bpk (Opperman, 1970), T.T. Cloete se "uitle van die lyk" uit AIIotroop (Cloete, 1985), Johann de Lange se "Dood van James Dean" uit Snel grys fantoom (De Lange, 1986) en "Op 'n dag sal jou skrander kop" (op Litnet) en enkele voorbeelde in die werk van Breytenbach, waarvan die vroegste voorbeeld die gedig "bekommernis" uit sy debuutbundel die ysterkoei moet sweet (1964) is. Laasgenoemde gedig vorm ook die grondslag van hierdie artikel.

Besinnings oor die elegie is bekend, soos die klassieke studies van Corraea en Scaliger en Witstein (1969) se studie oor "funeraire poezie" in die Nederlandse Renaissance. L. Viljoen (1995) en Spies (2001) som die vernaamste aspekte van die elegie op en pas dit dan op verskeie Afrikaanse gedigte van onder meer Totius, Eybers, Rousseau en Cloete toe. Omdat die retorika van die elegie nie binne die kader van hierdie artikel as sodanig val nie, gaan ek nie in op die struktuur nie byvoorbeeld die voorrede, die Iofrede, die weeklag en die troos nie.

In haar beskouing oor corpse poems, wys Diana Fuss (2003:1) daarop dat die idee van 'n lyksgedig eintlik paradoksaal is: 'n kadawer en 'n poetiese diskoers sluit mekaar wedersyds uit. 'n Poetiese diskoers veronderstel 'n stem, terwyl die lyk gewoonlik geassosieer word met die afwesigheid van 'n stem. Fuss (2003:2) meen ook dat wanneer die stoflike oorskot aan die woord gestel word, dien dit as 'n koppeling van die literatuur van die ars poetica aan die literatuur van die ars moriendi: "[It permits] poets to write as if they were in the grave, as if their voices, at least, survived the ravages of mortality". Anders as in die geval van die elegie, waarin daar gestrewe word om vir die dood te kompenseer en 'n vorm van vertroosting te bied, is daar in die lyksgedig 'n poging om die dood op 'n ander wyse uit te stal (reconstitute)--veral om die meer verwikkelde en teenstrydige houding jeens verlies aan te stip (Fuss, 2003:25).

Vir die doel van hierdie artikel word op Breyten Breytenbach se gedig "bekommernis" uit sy debuutbundel die ysterkoei moet sweet (1964) gefokus. …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.