Academic journal article Journal of Literary Studies

Grondbesit in 'N Postkoloniale Plaasroman: Marlene Van Niekerk Se Agaat

Academic journal article Journal of Literary Studies

Grondbesit in 'N Postkoloniale Plaasroman: Marlene Van Niekerk Se Agaat

Article excerpt

Summary

Marlene van Niekerk's Agaat (2004) can be read as a postcolonial farm novel which pays particular attention to the role of women, the representation of Coloured farm workers as well as issues relevant to landownership in South Africa. In Agaat the question of landownership is foregrounded when Agaat, a coloured woman, becomes the owner of the farm Grootmoedersdriff and when Jakkie, the only son of the white woman farmer Milla de Wet, returns to Canada to resume his work in ethnomusicology. Agaat presents a problematisation of the influence wielded by landownership on the identity of the farmer, as Milla, who dearly loves her farm, also claims the farm to achieve her emancipatory objectives as a woman. Furthermore, Jakkie's willing relinquishment of his claim to landownership contributes towards a problematisation of the identity formation of the Afrikaner farmer and his/her descendants in the farm novel. In contrast with the situation in the older farm novel, for Jakkie, landownership is no longer a defining identity marker. This article on landownership and, particularly, the relation between landownership and the identities of both Milla and Jakkie de Wet in Agaat, also assesses the contribution of Marlene van Niekerk's novel to the development of the Afrikaans farm novel within a postcolonial context.

Opsomming

Marlene van Niekerk se Agaat (2004) kan as 'n postkoloniale plaasroman gelees word, wat spesifiek aandag skenk aan die rol van vroue, die representasie van gekleurde plaaswerkers asook aan kwessies oor grondeienaarskap in Suid-Afrika. In Agaat staan grondeienaarskap in die brandpunt wanneer Agaat, 'n bruin vrou, die eienaar van die plaas Grootmoedersdrift word en Jakkie, die enigste seun van die wit vroulike boer Milla de Wet, na Kanada terugkeer om sy werk as etnomusikoloog te hervat. Agaat problematiseer die invloed wat grondbesit op die boer se identiteit het deurdat Milla, wat weliswaar 'n liefde vir die plaas koester, die plaas ook gebruik om haar emansiperende doelwitte as vrou te bereik. Ook die feit dat Jakkie die reg tot grondbesit prysgee, dra by tot 'n problematisering van identiteitsvorming by die Afrikanerboer en sy/haar nageslag in die plaasroman: anders as in die geval van die ouer plaasroman is grondverbondenheid by Jakkie nie meer 'n bepalende identiteitsmerker nie. Hierdie artikel oor grondeienaarskap, en spesifiek die verhouding tussen grondeienaarskap en die identiteite van sowel Milla as Jakkie de Wet in Agaat, neem ook die bydrae van Marlene van Niekerk se roman tot die ontwikkeling van die Afrikaanse plaasroman binne 'n postkoloniale konteks in oenskou.

1 Inleiding

Die belangrikste vemuwing wat Marlene van Niekerk se Agaat (2004) in die representasie van grond en grondbesit in die Afrikaanse plaasroman bring, vind veral op die gebied van erfopvolging en grondbesit plaas wanneer die karakter Jakkie de Wet die grond van sy voorgeslagte aan die subalterne bruin karakter, Agaat Lourier, oordra. In Agaat word 'n aantal situasies gerepresenteer wat tiperend is van die postkoloniale plaasroman in Suid-Afrika.

Ashcroft, Griffiths en Tiffin (1989: 2) se bree omskrywing van die postkoloniale literatuur as die letterkundes van al die kulture wat geaffekteer is deur die imperiale proses van die aanvang van kolonisasie tot vandag toe, is in 1996 deur Louise Viljoen verfyn in 'n artikel waarin sy besin oor die relevansie van hierdie omskrywing vir die Afrikaanse literatuur. Die Afrikaanse literatuur het naamlik in sy beginstadium gefunksioneer as medium waarin die politieke stryd van die Afrikaners gevoer is teen veral Engelse oorheersing, en dit kan dus as 'n vorm van opposionele postkolonialisme beskou word. Terselfdertyd is ander, spesifiek bruin en swart mense, egter uitgesluit en sodoende het die Afrikaanse literatuur 'n koloniserende uitwerking gehad (Viljoen 1996: 163). Afrikaans was die taal van die politieke party (die Nasionale Party) wat vanaf 1948 tot 1994 aan bewind was en wat as onderdrukkers opgetree het teenoor mense van kleur, dit wil se as voortsetters van die koloniale ideologiee. …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.