Academic journal article Tydskrif vir Letterkunde

The Reader in Breyten Breytenbach's Prison Poetry/ Die Leser in Breyten Breytenbach Se Tronkpoesie

Academic journal article Tydskrif vir Letterkunde

The Reader in Breyten Breytenbach's Prison Poetry/ Die Leser in Breyten Breytenbach Se Tronkpoesie

Article excerpt

Breyten Breytenbach as tronkskrywer

Breyten Breytenbach se geskiedenis as politieke gevangene is welbekend. Hy is op 19 Augustus 1975 in hegtenis geneem nadat hy Suid-Afrika onder 'n skuilnaam binnegekom het, aangekla ingevolge die Wet op Terrorisme en op 25 November 1975 gevonnis tot nege jaar gevangenisstraf waarvan hy sewe jaar uitgedien het. Die eerste gedeelte van sy gevangenskap het hy in eensame aanhouding in Pretoria se Sentrale Gevangenis deurgebring voordat hy op 10 Julie 1977 na die Pollsmoor-gevangenis in Kaapstad verskuif is en uiteindelik op 2 Desember 1982 vrygelaat is (vergelyk Galloway 1990: 169-79; 219). Tydens sy gevangenskap het Breytenbach vyf digbundels en twee prosa tekste geskryf wat na sy vrylating gepubliseer is (slegs die digbundel Voetskrif het tydens sy gevangenskap verskyn). Die tronkmemoir The True Confessions of an Albino Terrorist is geskryf en gepubliseer na sy vrylating.

Breytenbach se werk as tronkskrywer kan teen die agtergrond van verskillende tradisies gesien word. Binne die Afrikaanse literere tradisie is hy sekerlik die bekendste tronkdigter. Naas sy werk is daar in Afrikaans slegs Frank Anthony se bundel tronkgedigte Robbeneiland my kruis my huis van 1983 waarin hy skryf oor sy tyd as politieke gevangene op Robbeneiland. 'n Mens kan egter ook sy werk plaas binne die meer omvattende tradisie van die Suid-Afrikaanse tronkpoesie. Van Vuuren (1992: 24-36) verwys in haar studie van Breytenbach se tronkpoesie na die werk van ander Suid-Afrikaanse tronkdigters soos Joubert Reitz, Donald Snowdon, Dennis Brutus, James Matthews, Frank Anthony, Jeremy Cronin, Ujebe Masokoane en Benjamin Moloise. Hierdie tradisie is op sy beurt weer ingebed in die meer omvattende tradisie van Suid-Afrikaanse tronkliteratuur wat, volgens 'n vroee klassifikasie-raamwerk van Jacobs (1986: 96-7), in vyf kategoriee ingedeel kan word: biografiese werke wat handel oor detensie of gevangenskap; tronkmemoirs; fiktiewe werke in die vorm van tronkmemoirs; romans oor gevangenskap, detensie en ondervraging; en poesie en drama wat handel oor detensie, gevangenskap en ondervraging. Alhoewel daar wel enkele voorbeelde van Suid-Afrikaanse tronkliteratuur is wat nie gebaseer is op die ervarings van politieke gevangenes nie, ontstaan die oorgrote meerderheid van Suid-Afrikaanse tronktekste (of hulle nou geskryf is deur mense wat self gevangenes was of nie) uit die politieke verset teen die apartheidsregering en kom die grootste konsentrasie van hierdie tekste voor in die laaste veertig jaar van die vorige eeu. Roux (2007) se studie oor die tronkoutobiografie onder apartheid span die net wyer deurdat hy die werk van Herman Charles Bosman (die outobiografiese Cold Stone Jug van 1949) en Johnny Steinberg (The Number van 2004), wat nie oor politieke gevangenskap handel nie, insluit naas die meer bekende voorbeelde van tronktekste deur skrywers soos Nelson Mandela, Moses Dlamini, D. M. Zwelonke, Indres Naidoo, Michael Dingake, Ruth First, Jean Middleton, Emma Mashinini, Caesarina Kona Makhoere en Breyten Breytenbach. Die Suid-Afrikaanse tronkliteratuur kan op sy beurt gelees word teen die agtergrond van 'n wereldtradisie waartoe onder andere figure soos Boethius, Mikhail Bakthin, Fyodor Dostojewski, Benvenuto Cellini, die Markies de Sade, Jean Genet, Antonio Gramsci, Primo Levi, Rosa Luxembourg, Osip Mandelstam, Ezra Pound, Francois Villon en Oscar Wilde bygedra het, soos wat Davies (1990: 244-57) uitwys in Writers in Prison. Met hierdie omvattende tradisie van tronkliteratuur vereenselwig Breytenbach hom wanneer hy in sy tronkpoesie verwys na die werk van skrywers wat vervolg of opgesluit was om politieke of ander redes, soos Villon, Dostojewski, Pound, Mandelstam en Lorca.

Die omstandighede en voorwaardes waaronder Breytenbach in die tronk geskryf het, word beskryf in die prosateks Boek (geskryf tussen Desember 1975 en Julie 1977 in die Sentrale Gevangenis in Pretoria) en The True Confessions of an Albino Terrorist (geskryf na Breytenbach se vrylating). …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.