Academic journal article Tydskrif vir Letterkunde

Reisiger. Die Limietberge Oor

Academic journal article Tydskrif vir Letterkunde

Reisiger. Die Limietberge Oor

Article excerpt

Reisiger. Die limietberge oor.

Elsa Joubert. 2009. Kaapstad: Tafelberg.

ISBN: 978-0-624-04812-1.

Met die verskyning eind 2009 van die tweede en laaste deel van Elsa Joubert se outobiografie, Reisger. Die limietberge oor, was dit veral die vertelling van haar intieme verhouding met die Indier uit Kenia, Mahmoed, waarvan in resensies en boekbesprekings ophef gemaak is. Natuurlik is daar literere (die opvallende parallelle met die verhaalverloop in Die reise van Isobelle) en sosiopolitieke kwessies (die konteks van die destydse Nasionale Party se drakoniese kleurbeleid vanaf 1948 en verderaan) wat aan hierdie episode, wat reeds binne die eerste bladsye van die boek op die voorgrond kom, soveel prominensie verleen. Maar eintlik pas die passievolle ervaring, liriese beskrywings en selfondersoekende nabetragting van die verbintenis met Mahmoed (sy van bly onvermeld) naatloos in die uitsonderlike struktuur van tweespalt en teenstrydighede wat vir my nie alleen hierdie outobiografie nie, maar in werklikheid Joubert se hele oeuvre karakteriseer. Wanneer sy as jong vrou en moeder haar eie lewensloop vergelyk met die van tydgenote soos Jan Rabie, Marjorie Wallace, Athol Fugard en Maud Sumner, is haar slotsom "ek voel slegs vry as ek geanker is" (109). Die erkenning dat grootse drome en strewes steeds gerelativeer word deur die alledaagse limiete, artikuleer die ervaring van persoonlike en kreatiewe ambivalensie, en tog ook uiteindelike harmoniese sluiting, wat haar lesers so emosioneel aanspreek en intellektueel boei.

Die teks het aan my 'n veeleisende en uitdagende en juis daarom besonder verrykende leeservaring gebied--dit is informatief, onthullend, prikkelend en roerend, en ek bly onder die indruk van hoeveel aspekte daar nog is waaromtrent ek weer wil lees en dink. Daarom ook dat hierna slegs enkele van die vir my treffendste elemente in meer beson-derhede opgehaal word.

Te midde van die toenemende politieke en sosiale onrus van die laat vyftigerjare (die byna algehele afwesigheid van spesifieke datums waaraan episodes geknoop kan word, is opmerklik deur die hele teks) stap Joubert een dag deur die Johannesburgse middestad en vergis haar dat sy Mahmoed daar herken. Die paniekerige emosies rondom die kwessie van waar en hoe sy in die apartheidstaat die ontmoeting gaan hanteer, en ook die besef dat sy die eens so geliefde gesig nie meer goed onthou nie, word meevoerend beskryf. Sy sluit af met hierdie insig omtrent haar nou veranderde omstandighede na daardie hartstog van tien jaar vroeer: "Ek besef waartoe hierdie jare my gebring het. Totale afsluiting. Kloustrofobiese afsluiting. In my pragtige klankdigte sel met my man en my kinders en my wit katjiepieringbome. Frustrasie, maar ook hulpeloosheid neem van my besit" (101). Die tweespalt wat verband hou met die konflik tussen die riskante ideaal en die koesterende sel, tussen Afrikaanse skrywer en Afrikaner Patriot (60), vorm 'n patroon wat as persoonlike tema en literere motief deur die hele vertelling herken kan word.

Hierdie tweede deel van die outobiografie begin in 1948 as sy haar groot avontuur met die Nyl op in Afrika in onderneem; 'n hoogs onkonvensionele onderneming, dog steeds met die wete dat sy na aan die elite staan en deur die establishment omarm word, en so sal dit bly. Sy kry 'n werk in die ambassade in Portugal omdat die ambassadeur 'n ou vriend van haar Pa is; wanneer sy met Klaas trou, betree sy die binnekringe van die destydse politieke kernsirkel via die wellewende en welvarende minister Klaas Havenga en skryf vol trots van een besoek per amptelike kavalkade wat "die hele buurt in rep en roer gehad het" (72). In Johannesburg word die jong egpaar na "verwelkomingetes deur die baie ryk Afrikaners" genooi, tog voel sy meerderwaardig omdat "(s)ommige van hulle nog nooit eers in die Kaap was nie" (71)--hoewel sy darem kort daarna kan se dat "die absolute selftevredenheid van die 'Suide' vir my onaanneemlik is" (98). …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.