Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

An Investigation into a Methodology: The Adaptation of a Complex Afrikaans Novel into a Screenplay/'n Ondersoek Na 'N Werkswyse: Die Herskryf Van 'N Komplekse Afrikaanse Roman Na 'N Draaiboek

Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

An Investigation into a Methodology: The Adaptation of a Complex Afrikaans Novel into a Screenplay/'n Ondersoek Na 'N Werkswyse: Die Herskryf Van 'N Komplekse Afrikaanse Roman Na 'N Draaiboek

Article excerpt

Abstract

Very few Afrikaans films are currently being produced. One of the possible reasons for this phenomenon could be that very few Afrikaans screenplays are written nowadays. There are, however, some good Afrikaans novels which could conceivably become commercially successful films, provided they were properly adapted into screenplays.

In this article, the methodology that was used by an aspiring Afrikaans screenwriter to adapt the Afrikaans novel, "Die swye van Mario Salviati", by Etienne van Heerden, into a screenplay, is discussed.

The purpose of this study was to investigate a particular writing method that can be used by screenwriters to adapt an Afrikaans novel into a screenplay. The investigation included a practical application, giving the writer an opportunity to test the validity of the methodology. The various phases of the investigation and the adaptation itself are discussed in the article, and the efficacy of the methodology is evaluated.

Opsomming

Min Afrikaanse films word deesdae vervaardig. Hiervoor kan verskeie moontlike redes wees, waarvan een moontlik die feit is dat daar rain Afrikaanse draaiboeke verskyn. Daar is wel heelwat goeie, en moontlik verfilmbare Afrikaanse romans wat as draaiboeke herskryf kan word.

Hierdie artikel toon die werkswyse aan wat deur 'n aspirant Afrikaanse draaiboekskrywer gevolg is om die Afrikaanse roman, "Die swye van Mario Salviati" van Etienne van Heerden, as 'n draaiboek te herskryf.

Die doel van hierdie herskrywingsproses was om 'n bepaalde skryfmetode te ondersoek wat deur draaiboekskrywers gebruik kan word om 'n Afrikaanse roman as 'n draaiboek te herskryf. Hierdie ondersoek het gelei tot die praktiese herskrywing van 'n roman as 'n draaiboek, en sodoende kon die draaiboekskrywer "leer deur te doen". Die onderskeie fases van die ondersoek en herskrywingsproses word in die artikel bespreek en die geskiktheid van die betrokke skryfmetode word ook beoordeel.

1. Agtergrond en kontekstualisering

Dit gaan nie goed met die Afrikaanse filmbedryf nie. Die afgelope tien jaar het daar maar 'n tiental Afrikaanse vollengtefilms verskyn. Dit is 'n baie sterk afname vanaf die sestiger-tot tagtigerjare toe daar byna elke jaar tien Afrikaanse films verskyn het. Die laaste vyf Afrikaanse films wat verskyn het, naamlik Poena is koning (2007), Bakgat! (2008), Vaatjie sien sy gat (2008), die gewilde kortfilm Karate Kallie (2009) en Hond se dinges (2009), behoort almal tot die genre van ligte, slapstick-komedie.

Verder lyk dit asof Afrikaanssprekende filmmakers soos Leon Schuster, wat vroeer gesorg het vir gewilde Afrikaanse films, deesdae eerder Engelse films maak. Ander films, soos die verfilming van Marlene van Niekerk se roman Triomf(1994) deur Michael Raeburn, is slegs in enkele Suid-Afrikaanse teaters vertoon.

Daar kan verskeie moontlike redes wees vir hierdie afname in Afrikaanse films, byvoorbeeld 'n tekort aan infrastruktuur, hoe produksiekoste, 'n tekort aan befondsing, politieke oorwegings en bepaalde ideologiese vooronderstellings van die publiek of filmvervaardigers. Een van die redes kan egter ook wees dat daar te min Afrikaanse draaiboeke geskryf word wat enigsins vir vervaardiging oorweeg kan word.

Aan Afrikaanse stories en verhale is daar glad nie 'n tekort nie. Soos Crous (2004) tereg se, word jaarliks 'n groot hoeveelheid goeie Afrikaanse letterkunde gepubliseer en bale van hierdie verhale sal waarskynlik goeie films kon maak.

Paljas was die laaste groot Afrikaanse produksie. Katinka Heyns is die laaste groot Afrikaanse regisseur. Hoekom moet dit so wees? Daar is oorgenoeg stories in die kontemporare Afrikaanse letterkunde--in die vorm van bekroonde skrywers soos Etienne van Heerden en Andre P Brink--wat sit en wag om verfilm te word. Waarvoor wag almal? Hoekom skryf Afrikaanssprekende draaiboekskrywers in Engels? (Crous, 2004.)

Die herskrywing van romans na draaiboeke is nie 'n ongewone praktyk in die filmbedryf nie. …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.