Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

Afrikaans Freedom Songs as a Reconstruction of Afrikaner identity/Afrikaanse Vryheidsliedjies as Herkonstruksie Van Afrikaneridentiteit: 'N Ideologies-Kritiese Perspektief

Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

Afrikaans Freedom Songs as a Reconstruction of Afrikaner identity/Afrikaanse Vryheidsliedjies as Herkonstruksie Van Afrikaneridentiteit: 'N Ideologies-Kritiese Perspektief

Article excerpt

Abstract

Media polemics that centred on Afrikaner identity and language proliferated in Afrikaans newspapers of the early 2000s. It illustrates that although more than a decade has passed since democratisation, identity politics are still an important South African topic and renegotiation therefore continues. This article discusses the role of Afrikaans freedom songs as a reconstruction of white Afrikaner identity with the specific aim of establishing a point of departure for an ideology-critical theorising of the topic. In this regard, the interpretative tools of metaphor analysis and ideology critique of Johann Visagie (1996) are applied within the broader framework of the so-called Critical Theory. The five dominant postapartheid narratives recorded by Melissa Steyn (2001) serve as starting point for this study. The selection of freedom songs is related to specific constructions of "whiteness" portrayed in the mentioned narratives.

Opsomming

Mediapolemiek rondom Afrikaner identiteit en taal het die Afrikaanse koerante in die vroee jare van die nuwe millennium gedomineer. Dit illustreer dat identiteitspolitiek meer as 'n dekade na demokratisering steeds uiters aktueel in Suid-Afrika is en dat die heronderhandeling daarvan nog 'n voortgaande proses is. In hierdie artikel word stilgestaan by die rol van Afrikaanse vryheidsliedjies as herkonstruksie van wit identiteit, terwyl dit meer spesifiek ten doel het om 'n vertrekpunt daar te stel vir 'n ideoIogies-kritiese teoretisering van die onderwerp. In hierdie opsig word binne die breer raamwerk van die sogenaamde Kritiese Teorie gebruik gemaak van Johann Visagie (1996) se interpretatiewe werktuie, metafooranalise en ideologiekritiek. 'n Belangrike vertrekpunt vir hierdie ondersoek is vyf dominante postapartheidsnarratiewe, soos opgeteken deur Melissa Steyn (2001). 'n Seleksie van vryheidsliedjies word by spesifieke konstruksies van "witheid" betrek, soos wat in die genoemde narratiewe uitgebeeld is.

1. Inleiding

Het lied is in het volksleven innig verbonden met het dagelijks bestaan. In hun verruirnde betekenis alz zang, vertolken melodie en ritme [...] al wat hart en zinnen beroert [...] Zingen is zelfexpressie sonder meer, is tevens mededeling van hart tot hart; met ander woorden: zang is een gemoedsuitstraling. (Gelber, 1982:7-8.)

Soos duidelik uit die huidige mediapolemiek oor die laaste dekade en 'n half blyk, hou postapartheid Suid-Afrika diepgaande psigologiese aanpassings vir Suid-Afrikaners in--veral vir wit Afrikaanssprekendes wat sin probeer maak van hulle plek en funksie in 'n veranderende samelewing. Sentraal tot hierdie vraagstuk staan die kwessie van identiteit. Hoewel die dood van identiteitspolitiek reeds by herhaling in internasionale literatuur aangekondig is, (2) is postapartheid Suid-Afrika 'n vrugbare teelaarde vir studie op hierdie gebied, soos wat onder meer uit resente plaaslike musikologiese studies gesien kan word. (3) Uit die innige verknooptheid van musiek met die daaglikse bestaan van mense (vgl. Gelber, 1982 hierbo), volg die kardinale belang van veral hermeneutiese studies. Die gebied van populere wit Afrikaanse musiek is egter nog nie genoegsaam ondersoek nie, en onlangse voorbeelde hiervan noodsaak ook verdere aandag.

In hierdie artikel word stilgestaan by die rol van Afrikaanse vryheidsliedjies (4) as herkonstruksies van Afrikaneridentiteit, terwyl dit meer spesifiek ten doel het om 'n vertrekpunt vir 'n ideologies-kritiese teoretisering van die onderwerp daar te stel. (5) In hierdie opsig word binne die breer raamwerk van die sogenaamde Kritiese Teorie gebruik gemaak van Johann Visagie (1996) se interpretatiewe werktuie, naamlik metafooranalise en ideologiekritiek. Visagie formuleer ideologie as 'n negatiewe verskynsel (6) en hierdie siening hang saam met sy idee van die "hipernorm", (7) wat op die outonomisering (oormatige bevoordeling of selfs "verafgoding") van sekere waardes fokus. …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.