Is There a Narrative Hidden in a Lyric Poem? Dutch Poets on Narrativity in Poetry: Robert Anker, Tomas Lieske, Leonard Nolens, Wlllem Van Toorn En Eva Gerlach/ Skuil Daar 'N Verhaal in 'N Liriese Gedig? Nederlandstalige Digters Oor Narratiwiteit in Die Poesie: Robert Anker, Tomas Lieske, Leonard Nolens, Willem Van Toorn En Eva Gerlach

Article excerpt

Abstract

This article is concerned with the views expressed by poets on narrativity in lyric poems. Contemporary poetic ideas and tendencies, such as the preference for longer poems, the use of sequences (sequential poetry) and cycles, are used as a point of departure and thus the argument is linked to historical issues. A motivation for the theoretical approach is provided because the article forms part of a larger project in which narrative structures and techniques in lyrical poetry are studied. The main part of the article is devoted to a discussion of the ideas of rive poets, who write in Dutch, on the role and function of narrativity in their recent work. The discussion is based on extended interviews conducted with these poets. The article is concluded with an analysis and interpretation of a short cycle of poems by Eva Gerlach.

Opsomming

In hierdie artikel word ondersoek ingestel na die siening van digters oor narratiwiteit in linese gedigte. Die argument sluit dus aan by literer-historiese aspekte, omdat dit gaan om poetikale opvattings en om tendense in kontemporere poesie, spesifiek die voorkeur vir langer gedigte, reekse en siklusse. Die artikel verskaf 'n teoretiese motivering vit die ondersoek en plaas die argument binne die groter raamwerk van die navorsing oor die rol en funksie van narratiewe aspekte en tegnieke in liriese poesie. Daama word die sienings van vyf Nederlandstalige digters oor narratiwiteit in hulle eie werk bespreek na aanleiding van onderhoude wat met hulle gevoer is. Die artikel sluit af met 'n analise en interpretasie van 'n kort siklus gedigte van Eva Gerlach.

1. Inleiding

Hierdie artikel kom voort uit en sluit aan by navorsing oor die gebruik van narratiewe strukture en tegnieke in liriese poesie. (1) In so 'n ondersoek moet daar rekenskap gegee word van die teoretiese uitgangspunte en metodologie en daar moet teksanalises gemaak word om die geldigheid van die benadering te bewys of te toets. Uiteindelik moet daar ook samevattende gevolgtrekkings gemaak word waaruit sowel die geldigheid van die teorie as die waarde van die teorie vir teksanalise kan blyk.

Hier word egter gefokus op nog 'n ander faset van die navorsing, naamlik die siening van digters self oor die plek, die roi en die waarde van narratiewe inhoud of tegnieke in huile werk. Die argument sluit dus aan by inligting wat waarskynlik hoort by die literatuur-geskiedenis en wat te make het met die poetikale opvattings van bepaalde digters.

Dit is uiteraard riskant om oor die verloop van literere ontwikkelings gevolgtrekkings te maak as dit gaan om dieselfde tydperk waarbinne 'n mens jou bevind. Poetikale opvattings van digters is ook nie die enigste of selfs betroubaarste bron vir die indentifikasie van tendense nie. In oorgangsperiodes soos die huidige wat as post-postmodernisties beskryf word, geld die eis van omsigtigheid seker selfs sterker, omdat dit nog nie duidelik is watter eienskappe net by spesifieke individuele digters voorkom en watter werklik rot sterker tendense kan ontwikkel nie. Dit is egter wel boeiend om voorlopige waarnemings op te volg en te toets aan die werk van spesifieke digters en ook deur gesprekke met digters.

2. Teoretiese agtergrond

Die ondersoek van die gebruik van narratiewe strukture en tegnieke in liriese poesie, kom uit verskeie impulse, maar wat hier van besondere belang is, is die duidelike voorkoms van 'n narratiewe tendens in kontemporere poesie en ook die toenemende hoeveelheid navorsing wat internasionaal gedoen word oor die konsekwensies van die vermenging van verskillende "modusse" in liriese tekste en die teoretiese implikasies daarvan

2.1 Reeksmatige poesie

Daar is 'n opvallende tendens in hedendaagse poesie dat digters dikwels gedigte in ruimer verbande plaas, dat huile as 't ware 'n "wyer doek" gebruik wat 'n agtergrond verskaf waarteen enkelgedigte geprojekteer word. Sowel in die Engelstalige, veral Amerikaanse poesie, as die Afrikaanse poesie en die Nederlandse poesie is daar duidelike voorbeelde wat daarop dui dat digters daaraan behoefte het om wyer of breer te werk en te dink as die grense van die enkelgedig. …

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.