Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

The Utopian Challenge to Global Capitalism by Walter Van Den Broeck in Terug Naar Walden/Walter Van Den Broeck Se Utopiese Uitdaging Aan Die Globale Kapitalisme in Terug Naar Walden

Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

The Utopian Challenge to Global Capitalism by Walter Van Den Broeck in Terug Naar Walden/Walter Van Den Broeck Se Utopiese Uitdaging Aan Die Globale Kapitalisme in Terug Naar Walden

Article excerpt

The Utopian challenge to global capitalism by Walter van den Broeck in Terug naar Walden. The socialist sympathies that inform the writing of Flemish author Walter van den Broeck align him with a well-established tradition of socially engaged writing in Flanders. In his novel Terug naar Walden (Back to Walden), published in 2009, he revisits the Walden project of the Dutch reformer and writer Frederik van Eeden (1860-1932). Van den Broeck suggests that a reconsideration of the socialist ideals that inspired Van Eeden to establish settlements in the Netherlands and the United States is warranted in the light of the economic crisis triggered by unchecked capitalist practices in 2008. In Terug naar Walden Ruler Marsh, the richest man in the world, unleashes a global financial crisis as a form of retaliation against the capitalist system that ruined his parents. Marsh returns to the Kempen in Flanders where his family originated. In a Heideggerean affirmation of the local as exemplified by the country road, Van den Broeck articulates his vision of the common, that theorists Michael Hardt and Antonio Negri in their Empire trilogy have attempted to salvage from communist thinking, with a Utopian notion that a stronger connection with the land and the people within one's immediate environment may provide a useful premise for the development of viable alternatives to capitalism.

Die sosialistiese simpatiee wat die skryfwerk van die Vlaamse outeur Walter van den Broeck onderle, skakel horn met die goed ontwikkelde tradisie van sosiaal betrokke literatuur in Vlaandere. Sy roman Terug naar Walden, gepubliseer in 2009, is 'n herbesoek aan die Waldenprojek van die Nederlandse hervormer en skrywer Frederik van Eeden (1860-1932). Van den Broeck gee te kenne dat 'n heroorweging van die sosialistiese ideale wat Van Eeden besiel het om nedersettings in Nederland en die VSA op die been te bring, geregverdig is in die lig van die ekonomiese krisis wat in 2008 deur onbesonne kapitalistiese praktyke veroorsaak is. In Terug naar Walden ontketen Ruler Marsh, die rykste man in die wereld, 'n globale finansiele krisis in weerwraak teen die kapitalistiese stelsel wat tot die ondergang van sy ouers gelei het. Marsh keer terug na die Kempen in Vlaandere, sy familie se land van herkoms. In 'n Heideggeriaanse bevestiging van die lokale, soos versinnebeeld deur die veldpad, skakel Van den Broeck sy visie van die gemene (die gedeelde oftewel the common), 'n konsep wat teoretici soos Michael Hardt en Antonio Negri in hul Empire-trilogie vanuit die kommimistiese denke gerehabiliteer het, met 'n utopiese siening dat 'n stewiger band met die land en die mense uit die eie kontrei 'n nuttige vertrekpunt mag wees vir die ontwikkeling van lewensvatbare alternatiewe vir die kapitalisme.

Inleiding

Walter van den Broeck is een van die Vlaamse outeurs wat skryf binne die lang tradisie van sosiaal-bewuste skrywers, waaronder Cyriel Buysse, Gerard Walschap, Louis Paul Boon, Piet van Aken en meer onlangs ook Tom Lanoye (Borre 1993:102-104). Die titel van Van den Broeck se roman Terug naar Walden (2009) herinner verder aan die titel van die Nederlandse outeur Jan Wolkers se roman Terug naar Oegsgeest (1965), 'n afrekening met 'n streng Calvinistiese jeugwereld in samehang met 'n kapitalistiese waardestelsel. In 'n onderhoud dui Van den Broeck (2010) aan dat Terug naar Walden tydens die skryfproses ingehaal is deur die globale ekonomiese krisis wat in 2008 begin het. Voor hierdie krisis het hy reeds aan sy verhaal oor 'n wereldwye ekonomiese ineenstorting begin skryf en aangesien die werklikheid sy fiksie begin naboots het, het sy uitgewers op die agterflap van die roman 'n skadeloosstelling geplaas met 'n knipoog oor die finansiele mstellings in Belgie wat in die krisis van 2008 meegesleur is: Elke gelijkenis met Fortis, ING, KBC ofDexia is geheel toevallig, maar wel terecht. [Elke ooreenkoms met Fortis, ING, KBC of Dexia is toevallig, maar tereg. …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.