Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

The Greedy Hippo and Red Riding Hood: The Grotesque in Fairy tales/Die Hebsugtige Seekoei En Rooikappie: Die Groteske in Sprokies

Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

The Greedy Hippo and Red Riding Hood: The Grotesque in Fairy tales/Die Hebsugtige Seekoei En Rooikappie: Die Groteske in Sprokies

Article excerpt

This article presents a comparative reading of two folktales that are also characterised as children's stories (one from Venda folklore and the other a popular European narrative) in order to explore a number of similarities between these stories. These similarities include the grotesque activity of eating human flesh, the way that overly husting people are tricked by means of a masquerade and other 'unethical' and 'immoral' activities that occur in both narratives. In The Greedy Hippo (Hippopotamus throws his weight around), the monster for instance mimics the voice of a little boy in order to trick his sister and gain access to the children's hut, whilst in Little Red Riding Hood the wolf tricks the grandmother in the same way to gain access to her house, in order to later trick Red Riding Hood. Furthermore, in both stories, the little girls (as well as the grandmother in Little Red Riding Hood) are swallowed by vicious wild animals (either a hippopotamus or a wolf). As is often the case in fairy tales; however, the victims are saved or escape and live happily ever after. In this article, I argue that, although it seems absurd for children's stories to deal with the grotesque, the presence of the grotesque actually serves an elevating purpose. I conclude that, because of the shock value of the grotesque, these stories not only intrigue children emotionally, but that the shocking quality of the grotesque also serves as a source of fascination for them. Therefore, the warning messages contained in the stories are more persuasively communicated and better remembered by the child audience.

Hierdie artikel bied 'n vergelykende lees van twee volksverhale wat ook as kinderverhale getipeer kan word (een vanuit Venda-folklore en die ander 'n populare Europese narradef) met die oog daarop om spesifieke ooreenkomste uit te lig--soos die eet van mensvleis, goedgelowige mense wat deur 'n maskerspel om die bos gelei word en ander 'onetiese' en 'immorele' aktiwiteite. In Die hebsugtige seekoei boots die monster byvoorbeeld die stem van die jong seun na om sy suster te flous en toegang tot hulle hut te verkry, terwyl die wolf in Rooikappie op sy beurt die ouma flous om die huis te kan betree sodat hy later ook vir Rooikappie kan mislei. In albei stories word die jong meisies (asook Rooikappie se ouma) deur 'n seekoei 6f 'n wolf opgeeet. Soos gewoonlik in sprokies, word die slagoffers gered of ontsnap en die verhale het 'n gelukkige einde. Alhoewel dit absurd mag voorkom dat kinderverhale elemente van die groteske bevat, argumenteer ek dat dit inderdaad 'n bruikbare doel dien. Hierdie verhale betrek kinders nie net op 'n emosionele vlak nie (as gevolg van die skokwaarde van die groteske); die groteske dien ook as objek van fassinasie. Sodoende word die waarskuwingsboodskap in die verhale beter oorgedra en onthou deur die kinders.

Inleiding

Hierdie artikel bied 'n vergelykende ondersoek na twee volksverhale met spesifieke verwysing na die ge'rmpliseerde kindergehoor van hierdie verhale. Die eerste verhaal is Die hebsugtige seekoei as deel van Venda-ngnno (1); die verhaal word vergelyk met Rooikappie, 'n populare Europese sprokie. Alhoewel Rooikappie teen die sewentiende eeu in Frankryk opgeteken is en Die hebsugtige seekoei 'n inheemse Venda-verhaal is (waarvan die tydperk van ontstaan onbekend is), toon hulle talle ooreenkomste.

Sou 'n mens op hierdie ooreenkomstige eienskappe soos die onskuldige jong meisie, die teenwoordigheid van 'n beskermende woning, 'n bedreigende monsterfiguur en 'n reddende held fokus, is daar ook 'n versluierde maar ooreenstemmende waarskuwingsboodskap wat na vore kom. Ek argumenteer dat hierdie boodskap veral op 'n kindergehoor gerig is. Die waarskuwingsboodskap in beide verhale word as 'n vorm van sosiale kennis deur vroulike voordraers oorvertel - wat die vroulike perspektief op die verhale bevestig. Die Rooikappieverhaal is al geinterpreteer as die beskrywing van 'n inisiasieproses van jong meisies in die samelewing, terwyl ngano (waarvan Die hebsugtige seekoei deel uitmaak) 'n vroulike siening oor die menseverhoudings in 'n Afrikagemeenskap verskaf (vgl. …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.