Academic journal article Tydskrif vir Letterkunde

Die Afrikaanse Skryfgids

Academic journal article Tydskrif vir Letterkunde

Die Afrikaanse Skryfgids

Article excerpt

Die afrikaanse skryfgids. Riana Scheepers en Leti Kleyn (same-stellers) Johannesburg: Penguin Books, 2012. 459 pp. ISBN: 978-0-14-353015-2.

Die wereld is vol boeke en handleidings oor hoe om te skryf, en dwarsoor dieselfde wereld het skryfskole, slypskole en grade in skeppende skryfwerk in hulle duisendes opgeduik.

In Afrikaans vertel Di Patriot-digters vroeg reeds oor die moeilikheid om ryme te soek en gedigte te maak tussen al die ander dinge wat jou aandag aftrek. Liewe Neelsie vertel kordaat in 1931 aan ons Hoe om te skrywe (saam met 'n akademikus, nogal) en met die oprigting van die Skryfskool by die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys word opleiding in skryf selfs 'n korporatiewe onderneming.

Daarna het 'n aantal ander universiteite gevolg, maar dikwels meer beskeie in hulle aanbieding. As aspirantskrywers hulle oe en ore oophou, is daar nog orals "slypskole" van een of ander aard waar hulle vir 'n naweek of langer aan die kniee van meesters en meesteresse kan gaan luister hoe dit nou eintlik gedoen moet word. Prosa geniet skynbaar die meeste aandag.

Intussen het die kuberruimte verdere dimensies ontsluit. "Publikasie" word hondmak en sonder risiko; plagiaat sluip sommer net so met knip en plak in. Millenia nadat die eerste wonderwerk van geskrewe manuskripte met nooit-volprese sorg geskep en bewaar is, kan ons boeke uit die lug uit gryp en met die druk van 'n knoppie weggooi. Koerante word deesdae selde by die voordeur afgelewer, maar dit kan darem nog steeds aan tafel gelees word.

Binne so 'n bestaansruimte van skryf- en leeswerk, verskyn daar 'n besondere boek, merkwaardig genoeg ook in Afrikaans uitgegee deur Penguin, sagteband en op tipiese Penguinpapier: Die Afrikaanse skryfgids.

Die boek, oor die 460 bladsye dik, is saamgestel deur die bekende skryfster Riana Scheepers en die meer akademiese Leti Kleyn, met bydraes van nie minder as 49 ander mense nie. Bekendes op allerhande soorte terreine, met die "geleerdes" of letterkundige akademici tot die minimum beperk: Hans du Plessis, Marthinus Beukes, Willie Burger, Bernard Odendaal en Henning Pieterse is van die name wat opduik.

Die samestellers verklaar die doel van die publikasie soos volg: "'n omvattende skryfgids wat gemik is op almal wat meer van skryfkuns, skryftegnieke en die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf wil weet, en om dit op 'n toeganklike manier bekend te stel. Hierdie gids bied inligting oor verskillende tipes skryfkuns, marksegmente en genres, asook praktiese wenke om 'n manuskrip af te rond vir voorlegging aan 'n uitgewershuis."

En dit is presies wat die boek dan ook doen. Soos jy kon voorspel, domineer die prosa, nie net in die formele organisasie nie (die afdelings "Stylelemente vir prosa", "Soorte prosa", "Genrefiksie" en amper die hele "Kinder- en jeugboeke"), maar ook as stewigste komponent van "Die wereld van skryf", terwyl dit hier en daar ook in ander hoofstukke voorkom.

Soms verstaan ek nie mooi hoe die dinge georganiseerd geraak het nie. Ek sou byvoorbeeld die afdeling "Die wereld van skryf" veel vroeer in die boek wou sien, in ieder geval beslis Willie Burger se stuk oor die onderskeiding tussen populere fiksie en literere fiksie voordat daar na die prosa gekyk word. Leti Kleyn se hoofstuk oor "Skryfterapie" hoort tuis by Riana Scheepers se oorkoepelende "Die skryfproses" waarmee die boek afskop, juis ook omdat dit voornemende "skrywers" daarop wys dat skryfbelangriker kan wees as die publikasie daarvan.

Scheepers gee in die openingsafdeling nugter verslag van hoe sy kreatiwiteit sien, maak korte mette met skrywersmites en waarsku alle voornemende skrywers oor die verskrikking van kritiek.

Jeanette Ferreira se ondervinding as uitgewersredakteur/versorger dra daartoe by dat haar twee bydraes miskien die belangrikste stukke "gesonde verstand" en nuttigheidswaarde het vir die skrywers van prosa wat uiteindelik hoop om by 'n uitgewer tereg te kom sonder om daar tereggestel te word. …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.