Academic journal article Tydskrif vir Letterkunde

'On Monuments': The Campanile in Port Elizabeth/'Oor Monnemente Gepraat': Die Campanile in Port Elizabeth

Academic journal article Tydskrif vir Letterkunde

'On Monuments': The Campanile in Port Elizabeth/'Oor Monnemente Gepraat': Die Campanile in Port Elizabeth

Article excerpt

Inleiding

In hierdie ondersoek, wat deel uitmaak van 'n nagraadse projek oor die monumente van Port Elizabeth, word gefokus op die Campanile, die toringklokmonument wat in 1920 in die stad opgerig is om die koms van die Britse setlaars 'n eeu tevore te gedenk (kyk Stoltz). As teoretiese vertrekpunt word die monument as 'n teks gelees en wel aan die hand van Roland Barthes se uitgangspunte oor onder meer die onderskeid tussen "werk" en "teks", "leesbare en skryfbare tekste" en veral die vyf kodes wat hy identifiseer in sy ondersoek na Balzac se Sarrasine in S/Z (vgl. ook Kim).

Vir Barthes ("Work", 73-81) beteken die konsep teks nie 'n definieerbare objek nie, want anders as die "werk" wat rakspasie in die biblioteek inneem, is die teks 'n metodologiese veld en moet beskou word as 'n aktiwiteit of 'n produktiwiteit. Die teks is ook grotendeels revolusioner van aard en oop vir vertolking. Vergelyk Barthes ("Work" 76) in die verband: "The Text is plural. This does not mean just that it has several meanings, but rather that it achieves plurality of meaning, an irreducible plurality. The Text is not coexistence of meanings but passage, traversal: thus it answers not to an interpretation, liberal though it may be, but to an explosion, a dissemination" (oorspronklike kursief).

Deur die monumente as tekste te bestempel, word geimpliseer dat hulle deel word van 'n intertekstuele leesproses wat losgemaak kan word van enige affiliasie. Barthes is skepties oor enige naspeur van oorsprong en beginpunte van tekste, veral aangesien hy die werk (teenoor die teks) assosieer met 'n sterk skrywersgerigte affiliasie. Sy bekende uitspraak oor die dood van die skrywer kan ook hier betrek word. Die monument as teks kan geinterpreteer word sonder om sy historiese konteks, sy argiteksplanne en sy oorspronklike maker in ag te neem. Dit dra by tot die oneindige semiosis van interpretasie. Scott (596) sluit hierby aan:

   [A]ll gestures signify according to their present place in a web
   made of the existing universe of signs. The locus of meaning, then,
   is not an immutable, ideal structure of language that acts as a
   "center" for signification and thus knowledge and life. Instead,
   meaning inheres in the surface of an ever-changing web of signs,
   making all language acts essentially provisional and allusory.

Die monument, die klaarvoltooide bouwerk, sal dus op die oog af as 'n leesmatige teks in Barthes se terminologie bestempel word, maar wanneer die leser/kyker (1) die monument aan die hand van Barthes se S/Z lees, word dit 'n skryfmatige teks. Die leser/kyker lees die monument met sy of haar eie kodes en kan dit interpreteer met behulp van 'n ander sistemies-funksionele grammatika. Die leser/kyker word as't ware 'n kulturele toeris wie se blik (gaze) Frow (125) soos volg beskryf: "For the tourist gaze, things are read as signs of themselves. A place, a gesture, a use of language are understood not as given bits of the real but as suffused with ideality, giving on to the type of the beautiful, the extraordinary, or the culturally authentic. Their reality is figural rather than literal."

Gil Abousnnouga wys daarop dat semiotiese studies van monumente gewoonlik fokus op aspekte buite die teks soos onder meer die historiese konteks. In haar bespreking fokus sy grotendeels op die visuele kodes en die argitektoniese teorie wat die grondslag vorm van die monumente onder bespreking. In hierdie ondersoek na die Campanile sal 'n goue middeweg tussenin gevind word en albei fasette betrek word. Elders wys Abousnnouga en Machin (116) dat monumente deel geword het van ons landskap en dat bepaalde leksikale inskripsies op die monumente aangebring word. Die semiotiese leser kan hierdie inskripsies anders vertolk vanuit sy of haar ideologiese raamwerk en "oorlog" byvoorbeeld lees as synde 'n teken vir waansin en aggressie eerder as 'n patriotiese verdediging van die land.

In aansluiting by Barthes (S/Z 18-20) word vyf kodes geidentifiseer, wat aangewend gaan word vir hierdie semiotiese lesing van die monument. …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.