Academic journal article Tydskrif vir Letterkunde

Deon Opperman and Janine Neethling's Die Skepping-A Spectacle/Deon Opperman En Janine Neethling Se Die Skepping-'N Skouspel

Academic journal article Tydskrif vir Letterkunde

Deon Opperman and Janine Neethling's Die Skepping-A Spectacle/Deon Opperman En Janine Neethling Se Die Skepping-'N Skouspel

Article excerpt

Die heelal is 'n lied van dansende crescendo's en diminuendo's. Daar is harmoniese frases en skerp wanklanke. Die velde van interaksies dein in golwe, met die deeltjies op die kruine, soos die golwende stroom van klanke wat musiek is. En ons, note in die groot lied van die Skepping, is vir 'n stonde deel van die Magnificat, dan is ons ook verby. Die orreltone eggo weg in die oneindige. (Joubert 302) (1)

Die Groot Gedagte verskyn in 1997 en word bemark as die eerste Afrikaanse wetenskaplike boek wat handel oor die heelal. In hierdie boek argumenteer skrywer Gideon Joubert dat die kosmologie self getuig van die bestaan van God. Die Skepping, 'n Afrikaanse oratorium geskryf deur Deon Opperman en Janine Neethling, verklank 'n soortgelyke argument in teks en musiek. Die eerste van drie vertonings van Die Skepping: n Oratorium het plaasgevind op 16 Februarie 2013 om 15:00 in die Pretoriase Staatsteater en Operahuis. Dit is hierdie uitvoering wat ek bygewoon het en wat hier bespreek word. Alhoewel die produksie wyd geadverteer is as die eerste Afrikaanse oratorium, wys Paul Boekkooi in sy resensie daarop dat Gideon Fagan se Een-Vaderland (1978) eintlik hierdie posisie beklee. Ander Afrikaanse voorgangers in hierdie genre is Arnold van Wyk se Eeufeeskantate (1938), Rosa Nepgen se Die Dieper Reg (1943) en ook Stephen Eyssen se Ons Boerwording (1947). Desnieteenstaande is die skaal van Die Skepping heelwat groter as enigeen van hierdie komposisies, bloot net weens die gevorderdheid van die tegnologie wat gebruik is. Die sukses van die eerste drie uitvoerings maak opvolgvertonings elders in Suid-Afrika waarskynlik.

Die Skepping sou aanvanklik 'n requiem wees, 'n mis vir die dooies, maar die melankoliese strekking van die vorm was ongepas vir 'n viering van die skeppingsdaad. Bowendien, in gesprek met Coenie de Villiers dui Janine Neethling (Opperman en Neethling) tereg aan: almal skryf deesdae requiems. Ek kan byvoorbeeld dink aan twee komponiste, Zbigniew Preisner en Karl Jenkins, wie se requiems die verbeelding van miljoene een-en-twintigste eeuse luisteraars aangryp. Wanneer mens na Die Skepping kyk en luister kom die invloede van hierdie twee komponiste duidelik na vore.

Deon Opperman (vervaardiger, librettis en regisseur) het tydens sy verwelkoming en inleidingspraatjie op 16 Februarie 2013 verduidelik dat die produksie "klassieke integriteit" dog toeganklikheid as doel stel. Die projek se premis, met ander woorde, is tweevoudig: eerstens gee dit aan een van "ons uiters talentvolle [klassiek-opgeleide] musikante", Janine Neethling, 'n geleentheid om "iets van groter omvang en dieper betekenis" te komponeer--'n produk wat uitstyg bo "korporatiewe vermaak" (Opperman "Skeppersnotas"). Verder beoog dit om kunsmusiek aan te bied wat nie toegespits is op musiekkenners en intellektuele nie, maar wat (ook) spreek tot die gewone musiekliefhebber en middelklasburger. (2)

Die woorde "klassieke integriteit" vorm die aanknopingspunt vir hierdie resensie. Enigeen wat bekend is met die inhoud van T. S. Eliot se lesing What is a Classic?, sal waardering he vir die hoe ideaal waarna Opperman en Neethling streef: volwassenheid, omvattendheid (3) en universaliteit is slegs enkele van die karaktertrekke wat Eliot toeskryf aan die klassieke literere werk. Maar wanneer musiek die konteks bied, waarna verwys die idee van "die klassieke" presies? In akademiese diskoerse voer die konsep "klassieke musiek" lank reeds 'n onseker bestaan teenoor die meer spesifieke "Westerse kunsmusiek". In sommige akademiese skryfwerk word die woorde "klassieke musiek" met siniese aanhalingstekens afgeskei, soos wat dit ook in hierdie artikel verskyn (sien Kramer; Martin). Die versigtigheid oor terminologie het deels te make met die meerduidigheid van die begrip. In sy boek Who needs Classical Music? verduidelik Julian Johnson (6) dat die begrip "klassieke musiek" op drie maniere verstaan word. In die eerste plek verwys dit na Westerse kunsmusiek wat dateer uit die agtiende en vroee negentiende eeu, veral na werke van komponiste soos Haydn, Mozart en Beethoven. …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.