Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

The Creation of Reality Image in a novel/Die Skep Van Werklikheidsbeeld in 'N Roman

Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

The Creation of Reality Image in a novel/Die Skep Van Werklikheidsbeeld in 'N Roman

Article excerpt

Inleiding

Hierdie artikel is nie analities nie--dit is skryfkundig van aard en het ten doel om die skep van werklikheidsbeeld as 'n belangrike aspek van abstrakte ruimte te belig. Met abstrakte ruimte word ook bedoel die vele abstraksies waaruit ruimte bestaan. Met ander woorde, die onsigbare elemente of aspekte waaruit die ruimte van die mens (en van karakters) bestaan. In die skryfkuns word karakter, ruimte, tyd en handeling skeppingselemente genoem. Ruimte word hier as skeppingselement in die skryfkuns bespreek en werklikheidsbeeld as deel daarvan. Ruimte bestaan uit konkrete ruimte(s) soos fisieke plekke. Abstrakte ruimte het vele fasette of aspekte wat onder meer in die kultuur, identiteit, werklikheidsbeeld en so meer van die mens (en van karakters) manifesteer.

Brink (1989:118) meen ook dat ruimte 'nie net plek of omgewing beteken nie, maar 'n groot verskeidenheid van vorme, kringe of dimensies in die storie aanneem'. Daar is egter 'n nuanseverskil wat betref ruimte en plasing. Die plasing of 'konkrete ruimte' (Brink 1989:118) in 'n roman is die plek of area waar dit afspeel, terwyl die volledige konsep van ruimte veel meer insluit. Die abstrakte begrip 'werklikheidsbeeld' is byvoorbeeld ook gekoppel aan die volledige ruimte van 'n verhaal. Plasing is konkreet en gebonde aan die plek waar die verhaal hom afspeel, onder meer, byvoorbeeld, 'n plaas. Plasing is derhalwe 'die blote plek' (Du Plooy 1992a:101). Plek is wel belangrik, aangesien plekke ook abstrakte waardes dra 'binne kulturele en sosiologiese kodes, want binne sekere denksisteme het 'n mens sielkundige en ideologiese en selfs morele assosiasies met plekke' (Du Plooy 1992a:102). Abstraksies soos drome, herinneringe, gewoontes, asook kultuur, identiteit, werklikheidsbeeld, en so meer, ontstaan meestal binne konkrete ruimte(s). Ruimte is gevolglik nie net die sogenaamde 'agtergrond' nie, maar 'n 'volledig kommunikatiewe epiese kategorie' (Venter 1992:455). Ruimte is allesomvattend van aard; dit is 'n totale ervaring wat die karakters sintuiglik en intuitief dermate omvou dat niks daardeur uitgesluit word nie (Du Plooy 1992a:100).

By ruimtelike abstraksies word dan, soos genoem, onder meer kultuur, identiteit, werklikheidsbeeld, sin van plek, hibriditeit en liminaliteit ingesluit. Na my mening behoort die mens se allesomvattende psige hier in ag geneem te word. Dit is immers op sigself 'n abstraksie. Die dinamika en wisselwerking van abstraksies soos kultuur, identiteit, werklikheidsbeeld, ensovoorts, werk in en deur die mens, aangesien die menslike psige dit nie alleen registreer nie, maar daarvan vol is (De Kock 2014:137). Abstrakte ruimte omvat derhalwe alles wat die mens psigies ervaar en waarneem, en dit is vanuit hierdie aanname dat ruimtelike abstraksies ook in 'n roman geskep word. Konkrete ruimte(s) bly nie lank konkreet nie, maar raak vloeibaar vanwee die psigiese belewenis daarvan deur die mens (en derhalwe ook deur 'n karakter). Die mens se fisieke ruimte kan derhalwe nooit van sy psigiese ruimte geskei word nie (De Kock 2014:136). Wanneer werklikheidsbeeld--wat immers deel is van die menslike psige--geskep word, is bogenoemde 'n belangrike aspek om in gedagte te hou. Die feit dat die mens se psige sy ruimte huisves, is 'n erkende studieveld. Hierdie sistematiese, psigologiese studieveld staan bekend as topo-analise (Bachelard 1994:6).

Die abstrakte ruimte sluit vanwee die mens se belewenis van sy konkrete ruimte(s), derhalwe ook herinnering en drome, ensovoorts, in. Verder omvat abstrakte ruimte 'die ekonomiese klimaat, die hele sosio-politiek van 'n era' in (Brink 1989:119). Die genoemde sosio-ekonomiese, politieke en kulturele faktore werk ongetwyfeld mee aan die bepaling van werklikheidsbeeld, asook kultuur en identiteit (De Kock 2008:67). Verder is abstraksies soos kultuur, identiteit, werklikheidsbeeld en die menslike psige, wat trouens al hierdie abstraksies probeer verstaan, nie werklik van mekaar te skei nie. …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.