Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

Boom Bomer Boomste and the Idiolect of Elsabe Steenberg/Boom Bomer Boomste En Die Idiolek Van Elsabe Steenberg

Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

Boom Bomer Boomste and the Idiolect of Elsabe Steenberg/Boom Bomer Boomste En Die Idiolek Van Elsabe Steenberg

Article excerpt

Inleidend

Die verhalende werk van Elsabe Steenberg (14 Maart 1938-14 Mei 1996) het sedert die laat sestigerjare 'n duidelike stempel afgedruk op die Afrikaanse literere bewussyn. Benewens haar literer-kritiese werk, is sy veral bekend vir haar skeppende werk wat die hele spektrum van kleuter-, kinder-, jeug- en volwasseneliteratuur dek--'n oeuvre van meer as sestig tekste van onder meer kortverhale, novelles, romans en eenbedrywe. Dit blyk dat sy 'n groot verskeidenheid werelde betrek--veral die geesteslandskappe van mense, gekombineer met 'n liefde vir die natuur, wat die hoofkomponente is in die wyses waarop sy temas en die lewensvisie in haar hele oeuvre tot stand laat kom. (Van der Westhuizen 1997:1) (1)

In 'n terugskouing op haar werk--sy het in 1967 gedebuteer en haar laaste boek is in 1993 gepubliseer--is dit duidelik dat Elsabe Steenberg se verhale in die geestesklimaat ontstaan het van die laat-modernisme enersyds, en andersyds in die hoogbloei van die strukturalisme en semiotiek soos dit voor die postmodernisme in die tweede helfte van die twintigste eeu benader is. Dit het tot gevolg dat haar werk idiolekties gekenmerk word deur 'n bewustheid van die kompleksiteit van dinge, 'n neiging tot direkte representasie van die psigiese ervarings van individualistiese karakters, die teenstelling tussen die stad en die natuur, achronologiese tydshantering, ingebedde verhale wat die hoofverhaallyn lewensbeskoulik bevestig, 'n bevraagtekenende kritiese diskoers, en dat steeds, binne die konteks van die strukturalisme, klem geplaas word op die taal as tekensisteem (vgl. ook Liebenberg 1992:317-320). Om Elsabe Steenberg se werk vanuit die hede van die een-en-twintigste eeu te ondersoek, behels ook wat Stevenson (2008:320) van soortgelyke ondernemings se:

   Modernist fiction reflected and resulted from a period whose
   historical stresses and accompanying epistemological anxieties
   enforced new, deeper interrogations of 'the power of the world' and
   of the ways it shapes and constrains constructions of the world in
   narrative. For later generations, its innovations remain not only a
   unique artistic achievement, but also a uniquely productive
   challenge for narrative analysis.

'n Semio-strukturalistiese benadering, maar wel vanuit 'n een-en-twintigste-eeuse terugblik op die werk van Elsabe Steenberg, kan dus een van vele geldige wyses, maar juis ook 'n vrugbare wyse wees om die idiolek in haar werk te ondersoek, omdat dit heel waarskynlik die literere teoriee is waarvan sy as akademikus-skrywer bewus was in haar eie skrywerskap.

Dit is uit al Elsabe Steenberg se prosawerke duidelik dat daar kodes in die literere representasiesisteem van elke teks ingebou is wat neerkom op 'n bepaalde werklikheidsvisie. In hierdie ryk geskakeerde, komplekse verhaalwereld(-e) is ook weer sekere aksente waarneembaar, wat uiteindelik herlei kan word tot enkele grondliggende aannames in 'n visie oor die mens, die wereld en God.

Daar word dikwels gese dat 'n skrywer, al is hy of sy hoe produktief, dieselfde storie oor en oor vertel. Met 'storie' word hier bedoel die grondliggende werklikheidsvisie wat in alle literere werke tot uitdrukking kom--in sommige eksplisiet en in ander implisiet. Dit word algemeen aanvaar dat alle werke in die oeuvre van 'n outeur ten diepste dieselfde werklikheidsvisie openbaar (behalwe as 'n outeur 'n radikale verandering in sy eie werklikheidbeskouing ondergaan het). Die verskil le egter in die telkens veranderde representasie van hierdie intertekstueel ooreenstemmende werklikheidsvisie--alhoewel dieselfde 'storie' oor en oor vertel word, word dieselfde visie telkens gekonkretiseer, net in 'n telkens veranderde representasiesisteem.

Elsabe Steenberg se (een) 'storie', sluit ten opsigte van die Christelike werklikheidsvisie aan by die werk van figure uit die wereldliteratuur soos Dante, T.S. Eliot, Fyodor Dostojewski, Leo Tolstoi, Flannery O'Connor en C. …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.