Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

Karel Se Bestemming

Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

Karel Se Bestemming

Article excerpt

Hoe hy nou weer in Boston beland het, onthou Karel nie juis nie. Hy het in die United se vet en blou pens op Logan geland, nadat hy 'n verbindingsvlug in Frankfurt geneem het; die prentjie van die een of ander engelagtige slanke kraanvoel op die eindelose spits skagte van die logge Lufthansabuise het hom geinteresseer, selfs 'n bietjie gehipnotiseer, terwyl hy langs een van die hoe en bree lughawevensters gesit en wag het, aan 'n koffietjie gesit en drink het, deur 'n boek geblaai het.

Boston het hom ook aangetrek, omdat dit 'n soort jazzsentrum was. Vir hom was jazz, jazz, jazz iets wat die heeltyd die middelstruktuur van 'n essensie bly raak-raak, die leegheid moduleer, so vorm gee aan niks of uit niks, en daardie soliede middelvorm die heeltyd bly aanskuur, verskuur ... skirting disaster, shadefully skirting deep-dark disaster, beautifully crushing a crushed flower ... So het sy gedagtes self jazzerig bly maa! rondom 'n definisie van iets wat so deel van hom gevorm het dat hy dit onmoontlik finaal sou kon beskryf. Jazz was soos halfrym waaruit 'n voller rym sonder voldongenheid kon blom of verbloem.

Op Logan was die middaghorison opgeklits en newelrig soos 'n mokkamelkskommel in 'n reuseglas. Dit was Junie, en die somer was in sy vroee swang. Hy was moeg vir sy tuisland om een of twee redes, meesal van 'n persoonlik aard, en hy het 'n bietjie rondgereis. Boston het destyds een of twee geleenthede gebied vir 'n nuwe begin, maar ten diepste weet hy nie hoe dit gebeur het nie: hoekom dit so moes gekom het nie. Op 'n sekere vlak het die lewe maar net so geslenter en gekronkel soos sy altyd maak, en toe daarnatoe gedraai, en hom daar uitgespoel. Dit is nie dat hy nie omgegee het vir sy tuisland nie, maar eerder dat hy algaande aanvaar het dat die lewe se slenters en kronkels nie geheel en al onder 'n mens se beheer is nie en dat, in sekere tye en onder sekere omstandighede, daardie slenters en kronkels skerper draaie gooi, meer fundamenteel raak, en selfs jou dieper stabiliteite soos jou land van herkoms kan ontwrig.

En toe verander sy stem: die resonansie het verbeter. Die gangetjies tussen sy turbinate het oop gegaan, die sinusholtes het opgeklaar. En hy kon sing, weer soos toe hy kleiner was--en soos nog nooit vantevore nie, want toe was hy groot. Dit was nie lank voor drie jazzorkeste instrumentaal gestoei het om sy dienste permanent te bekom nie. Let Them Call it Jazz--ten spyte van hulle baie mooi literere naam wat hopeloos te lomp was vir die doel, die beste van die drie (en later sommer net bekend as die Callers)--het na 'n paar maande die "stryd" gewen, en hy het in elk geval nou en dan weer vir die ander gaan sing.

In 'n sekere sin was dit net die ervaring se dop. Die resonansie self was die ervaring se middelpunt. Dit was asof hy homself weer kon hoor. Sy effense soet, effense hees stem het gaan rus in homself, en Karel tot rus gebring. Die ondertone en botone het aan mekaar geraak, en in mekaar in gesirkel. Dit was selfs asof hy die platteland waar hy vandaan gekom het, en waarna hy verlang het, nog meer ten volle kon geniet as voorheen: dit het voller in sy geestesoog kom glimmer, en as hy gesing het, het hy geweet sy geestesoog kom uit sy liggaam, en uit die dinge wat sy liggaam ten diepste onthou. Hy het die grashalms sien buig, hy het gesien hoe die grasse in die wind vooroor leun en golf. Hy het gevoel hoe hulle in die blouerige nag koel word. Sekere note het hy so suiwer bereik dat hy soos 'n instrument geklink het, en dan het hy homself verbeel hy voel sy tuisgras in sy are, soos Eugene Nielen Marais hulle moes gevoel het toe hy die ewig-roerende "Winternag" gekomponeer het: waarin die lied van 'n meisie in haar liefde verlaat en die wuiwende grashalms vir altyd en altyd broos en bros meteens een word, invou om oop te gaan, sodat eindelose oop melankolie en soliede aardse en abrupte stolling vir eens en vir altyd geheel en al ineen vleg.

Toe Karel toevallig 'n biografiese nota moes skryf vir 'n programmetjie, het dit dus so gelui: "I was born in 1964 in a small town in the bending grasslands of South Africa, amidst clusters of sweet thorn trees who, I'm sure, whisper to one another about all the secrets of the universe deep in the blue and lunar African night, their leaves tight with the strain of listening. …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.