Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

Lees Met 'N Vrye Verbeelding

Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

Lees Met 'N Vrye Verbeelding

Article excerpt

Lees en verbeel jou jy is in die veld. Daar staan verskeie kloktente rond met mense in en om die vernielde skuilings wat 'n konsentrasiekamp uit die Anglo-Boereoorlog voorstel: klein toneeltjies speel hierin af waardeur jy, as deelnemer, betrek word by die gebeure en die geskiedenis van die mense. Terwyl 'n Engelse soldaat jou en ander lede van die gehoor vergesel, vind daar interaksie plaas met talle van die vroue in die kamp. Hulle het egter almal beweeglike vlerkies op hul rue wat aantoon dat hulle nie meer bestaan nie, lankal dood is: dus engele.

Van die karakters lei die gehoor later na 'n area waar hulle op stoele plaasneem en wat oor die konsentrasiekamp en begraafplaas uitkyk. Op die speelvlak sit aan die een kant 'n Brit op 'n hoe stoel--tekenend van sy gesag--en aan die ander kant 'n Boer op 'n kort stellasie met 'n saal, asof hy te perd is. Die twee bring Kitchener en Paul Kruger in gedagte. Hulle vertel gebeure uit die oorlog terwyl van die karakters tussenin ook hulle stories vertel en uitspeel. Daar is 'n swart vrou, Bokamoso, wat vertel van omstandighede in die swart konsentrasiekampe en haarself 'fourteen thousand one hundred and fifty four' noem (bl. 73)--die getal mense wat in daardie kamp dood is. Sy se verder: 'I am history. I am not dead. I am not dead. I am alive' (bl. 77), wat gesien kan word as tema van hierdie drama.

Die karakter Langkappie dra nie vlerkies nie, aangesien sy die dood verteenwoordig en lewensdrade knip met haar groot sker, terwyl Emily Hobhouse haar probeer verhinder--alles baie simbolies. 'n Groep dansers vervul verskeie rolle, van soldate tot inwoners van die swart konsentrasiekampe en--met hienamaskers op--handlangers van die dood.

Sophia se woorde: 'Hulle het van ons vergeet' (bl.82), sluit aan by Bokamoso ('Hoop') se uitspraak dat hulle lewende geskiedenis is. Die verskillende konsentrasiekampe word opgenoem, maar die toepassing word verder getrek deur die wereldgeskiedenis sedert 1902: deur Suidwes-Afrika; Armenie; die Joodse lyding tydens die Tweede Wereldoorlog; Stalin se vergrype en die in China; tot in Rwanda as voorbeelde van hoe mense mekaar uitmoor. Die drama eindig met die uitroep: 'Rise free!' (bl. 85).

Hierdie grootskaalse buitelugopvoering--selfs met die Brit wat vure in die veld aansteek--het buitengewone akkolades gekry. Nicola Hanekom is 'n veelbekroonde aktrise en dramaturg en het voorheen al, onder meer, elf Kanna-toekennings, vier Fiesta-toekennings en twee ATKV-Woordveertjies ontvang. …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.