Academic journal article Tydskrif vir Letterkunde

Diskursiewe Patrone in Brandwaterkom Van Alexander Strachan

Academic journal article Tydskrif vir Letterkunde

Diskursiewe Patrone in Brandwaterkom Van Alexander Strachan

Article excerpt

"Dinge moet van alle kante bekyk word eer jy by die waarheid uitkom".--Catharina Venter (Brandwaterkom, 286)

"Quid est veritas" ("Wat is waarheid?")--Pontius Pilatus

Discursive patterns in Brandwaterkom by Alexander Strachan

The recently published and prizewinning novel Brandwaterkom is vintage Strachan with an intricate structure, imbedded stories and a whole network of allusions. Typical of postmodernist writing, the relationship between fact and fiction, historiography and the novel is problematized. The primary narrator is a Hermes-figure who constantly reflects upon the narrative in metafictional fashion, questioning and even belittling his own omniscience and omnipotence as narrator. The main story centres on Fanie Vilonel, a traitor during the Boer War, and the motif of treachery is central in the story, discourse and narration. Keywords: Afrikaans novels, Anglo-Boer War, postmodernist writing, treachery.

Brandwaterkom.

Alexander Strachan. Kaapstad: Kwela Boeke, 352 pp. ISBN: 978-0-6240-7336-9

Inleidende opmerkinge: Esther se storie

Alexander Strachan se vierde en jongste roman, Brandwaterkom, het die derde prys verower in NB-Uitgewers se Groot Romanwedstryd. Tipies van Strachan word historiese tye en figure teenoor mekaar gestel. Die hoofkarakter in die hede is Esther (Wilhelmina Magdalena) van Emmenes, 'n tydelike dosent in Geskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat se Qwaqwa-kampus, vroeer van Bloemfontein waar sy in 'n buite-egtelike verhouding met haar promotor, Andre, gewikkel was (kyk byvoorbeeld: 171-2). Esther is geskei en het haar nooiensvan na haar egskeiding "teruggevat" (253). Sy is besig met haar doktorsgraad oor die rol van S.G. (Fanie) Vilonel in die Tweede Anglo-Boereoorlog. Sy "teenwoordigheid in die gebied" is trouens ook die rede waarom sy die pos by Qwaqwa aanvaar het (9). Hoewel daar baie ander oorloe in die twintigste eeu plaasgevind het (159), wil sy graag "agterkom wat die geskiedenis weggesteek het" en wil sy haar juis verplaas "in die tyd wat die Boerenasie verkies het om dele uit ons verlede weg te sny. Nou kan niemand meer ontken dat ook ander Boeremense deel van die oorlog was nie" (196).

Hierdie poging om verraaiers en hul beweegredes te ontrafel, word ook ingegee deur die feit dat haar eie voorvader (Dolf van Emmenes uit Heidelberg, 252, 268, 334) tydens die Tweede Anglo-Boereoorlog tereggestel is weens hoogverraad. In die loop van die roman word verskeie metodologiese kwessies rakende geskiedskrywing aangeroer. Een dwingende vraag is juis die subjek van geskiedskrywing. Moet dit handel oor die belangrike rolspelers (by wyse van spreke, die generaal) of dalk oor die miskendes, soos die kok, mediese ordonnans of vergete verraaier? Esther "rig haar juis op randfigure, die skadukarakters van die oorlog", mense wie se name "uit die geskiedenisboeke gevee is" (95). So 'n benadering waar petites histoires (die klein geskiedenisse--die term is van Jean-Francois Lyotard--wat van mense opgerakel word) is tipies van postmodernistiese benaderings in die geskiedskrywing en is 'n poging om hierargiee te dekonstrueer (Taylor & Lambert 191).

Esther worstel ook oor die geskikte styl vir haar akademiese proefskrif: streng wetenskaplik of meer toeganklik (148)? Sy het ook duidelike opvattings oor die navorsingsbronne wat benut behoort te word: nie net geskrewe bronne is belangrik nie, maar ook alternatiewe bronne soos mondelinge oorlewerings en kulturele artefakte (290). Bullet noem nog 'n bron: "geskrifte in private besit" (137). Dat sy dus onafhanklik, buite die gebruiklike ideologiese kaders en derhalwe met skoon oe kyk na haar vak, blyk veral duidelik uit die leerplan van die nuwe module wat sy "die volgende jaar wil doseer. 'n Geskiedenis met sy wortels in die tyd lank voor 1652--Jan van Riebeeck se 'volksplanting' in die vervloe tyd toe die mens sy eerste werktuig uit klip vervaardig het" (147). Sy wyk ook af van die leerplan om haar studente van die Ystertydperk te vertel (150). …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.