Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

Die Politiek Van Die Mens-Hondverhouding in Op 'N Dag, 'N Hond Van John Miles

Academic journal article Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies

Die Politiek Van Die Mens-Hondverhouding in Op 'N Dag, 'N Hond Van John Miles

Article excerpt

Author(s): Adele Nel (corresponding author) [1]

Inleiding

Die titel sowel as die voorblad van John Miles se jongste roman, Op 'n dag, 'n hond (2016), stel die hond as karakter onomwonde op die voorgrond. Aan die begin van elke onderafdeling van die roman is daar boonop 'n afdruk van 'n skildery van die Nederlandse sjamaanskilder,[sup.1] Imelda Almqvist. Hierdie skildery van 'n hond wat 'n weegskaal vashou, is getiteld 'The weighing of the Heart Ceremony'. Miles se aksentuering van die hond en die weegskaal deur middel van die herhaalde visuele teks betrek by implikasie die dood as gegewe in die roman en bring terselfdertyd die hond met die dood in verband.

Ingebed in die titel is voorts ook die eksplisiete verwysing na tyd: op 'n dag, 'n frase wat dui 'op 'n dag in die toekoms of in die verlede wat nie te bepaal is nie' (HAT 2005). Hierdie onbepaaldheid sluit aan by die opvallende rol wat die noodlot of die toeval in die verhaal speel. In 'n onderhoud met Meyer (2017) wys Miles self daarop dat toeval in hierdie roman in so 'n mate beklemtoon word dat 'n mens van 'n roman van die toeval kan praat. Boonop is die vier onderafdelings van die roman getiteld: 'Aand', 'Oggend', 'Hond' en 'Vroeer of later'. Op hierdie wyse word die aandag op die temporele verhoudings in die roman gevestig: spesifieke tydsaanduidings, die sikliese gang van lewe, maar ook die spanning tussen die hede en die verlede. Die uitgewer beskryf die roman as ''n besinning oor die vervlietendheid van die menslike bestaan en die onontkombaarheid van die dood'.

Op 'n dag, 'n hond is verhaalmatig met die verband tussen die mens, die hond en die dood gemoeid, asook die gewig van die verlede. My uitgangspunt is dat die roman binne die bree teoretiese raamwerk van die Posthumanisme gelees kan word, sowel as 'n teoretiese besinning van relasionaliteit. Posthumanisme sein nuwe maniere van dink oor die mens se plek in die heelal en in die besonder die mens se verhouding met die verskillende spesies op die planeet. Denkers in die veld van Posthumanisme sowel as mens-dierestudies (MDS) is dit eens dat die skeiding tussen die mens en die dier binne 'n antroposentriese denke opgehef is, en dat dit nodig is om op nuwe en innoverende wyses die verhouding tussen 'ons' en 'hulle' te verken - vergelyk onder andere Simmons en Armstrong (2007), Tylor en Rossini (2009), en Taylor (2011). Die roman spreek ook van 'n verhoogde sin van verbondenheid tussen die self (die mens) en die Ander (die hond). Hierdie hernude belangstelling in die verhouding tussen die mens en die dier noop gevolglik ook 'n ondersoek na die verskillende maniere waarop die verhouding, mens-en-dier, in die letterkunde in die algemeen, maar spesifiek in die Afrikaanse letterkunde manifesteer.[sup.2] My doelstelling is dus ook om aan te toon hoe die letterkunde[sup.3] op 'n eiesoortige wyse bydra om 'n ryker en komplekser idee van die kontekste en vraagstukke met betrekking tot die Posthumanisme te kommunikeer.

In hierdie artikel beoog ek om ondersoek in te stel na die eiesoortige wyse waarop die mens-hondverhouding in die roman aan bod gestel word, met ander woorde die spesifiek literere voorstelling van die mens-dierverhouding, en om die implikasies van hierdie verbintenis vir die protagonis (die mens) te verken. In die ondersoek sal ook aandag geskenk word aan die rol wat die visuele in die roman speel: die blik van die hond op die mens en die van die mens op die hond, die afkyk in die onderwereld, sowel as die terugkyk na die verlede. Die rol van die hond as begeleier, gekoppel aan die tydsproblematiek, word voorts ook aan die orde gestel.

Honde

Daar duik in die verloop van die verhaal verskeie honde op om op 'n direkte of 'n indirekte wyse aan bepaalde verhoudings tussen die mens en die hond gekoppel te word, veral aan die begrippe van lojaliteit en verraad, getrouheid en ontrou, goed en kwaad. Miles stel sommige honde as karakters op 'n aweregse wyse aan bod deur naamgewing. …

Search by... Author
Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

Oops!

An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.