Paul Roux 'N Snit Uit Die Ongepubliseerde Roman: Hoofstuk 20

By Conradie, Renee Rautenbach | Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies, April 2011 | Go to article overview

Paul Roux 'N Snit Uit Die Ongepubliseerde Roman: Hoofstuk 20


Conradie, Renee Rautenbach, Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies


Heimwee stuur Paul tot voor die serfyntjie wanneer dit blyk dat al die besoekers weg is. Hy sit eers 'n hele ruk stil, geboe oor die klawers. Die herinnering aan sy teesinnigheid as kind toe sy ma hom wou leer speel, laat hom glimlag. As Ma my nou kon sien, dink hy toe hy saggies begin trap en sonder plan begin speel. Die wysie korn spontaan en hy neurie eers 'n ruk voor die woorde uitkom.

   Waar Tafelberg begin, tot ver in die Transvaal
   Woon een verenig volk--een algemene taal;
   Een volk voorheen miskent, een taal voorheen gesmoort,
   Maar nou beroemt, geeert, in Oos, Wes, Suid en Noord

Paul kan half nie glo dat hy die woorde van sy kinderdae af onthou nie.

   Europa! Roem gerus opal jou grote prag.
   Ons wil ons lot nie ruil, nie vir een enkel dag;
   By jou is plaasgebrek en dikwels hongersnood;
   By ons is goud genoeg; die wat wil werk het brood.

Vir die eerste keer bedink Paul die woorde van die lied terwyl hy hier en daar oor die note struikel. Hy moet tog kyk of Mansvelt nie 'n liedereboek in sy onderwysuitstalling het nie. Maar hy twyfel, want dit is alles so styf, so Hollands, so Transvaals. Die ironie van die oorlog wat die woorde weerl6, laat hom ophou speel. Hy kan ook nie verder mooi onthou nie, net: En segen liewe Heer, 't verenigt Afrika!

"Gmf! Dit is ook die naaste wat julle Kolonialers aan 'n volkslied sal kom."

Paul draai verbaas om, maar sien niemand in die klein voorhuis nie. Hy staan op en Ioer om die hoeke in die ander vertrekke in. 'n Jong man le doodluiters op die ledekantkatel in die een slaapkamer. So ewe met die hande agter sy kop gevou en bene gekruis.

"Jy ken seker nie eens Kent gij dat volk of Heft Burgers nie."

"En hoe, soos ons in die Kolonie sou se, voer neef altemit die van? Het jou ma jou nie maniere geleer nie?" Paul is lus om hom allerhande leliker dinge toe te voeg, maar hy hoor voetstappe elders in die Boerehuis.

"Ek sing minstens in my eie taal," kan hy nie laat verbygaan nie en draai om om uit te Ioop, maar die jong man swaai sy bene van die bed af en steek sy hand na Paul toe uit.

"Wessels."

Hy glimlag breed agter sy rooi baard en staande lyk hy nog meer verkreukel as toe hy gele het. Paul dink dat hy self seker net so gelyk het toe hy hier aangeland het. Ferweelbroek, vervormde baadjie, growwe, dowwe skoene. Hy het nie lus vir die geselskap van die ongepoetste man nie, hy was lus vir alleenwees.

"Roux," se Paul op sy beurt.

"Ja ek weet, ek het vir jou 'n brief gebring."

"Uit die Boland? Van my ouers af?"

"Nee, van Engeland af. Ek was op die Avondale Castle."

Miriam, weet Paul dadelik. Hy wil nie gevoelens voor die vrypostige vreemdeling wys nie, maar voel eintlik lus om weg te loop. Hiervoor is hy nie nou reg nie.

"Waarvoor is jy hier in Parys?" kry Paul darem uit.

"Ek kan nie eintlik vir jou se nie. Maar ek hardloop nie weg nie."

"Is jy dan saam met die Deputasie van Fischer-hulle? Daar is mos ook 'n Wessels by. Ek het gehoor hulle kom binnekort hiernatoe."

"Toevallig 'n oom van my, maar nee, hulle weet nie eens ek is hier nie. Jy hoef dit ook nie uit te basuin nie. Ek het ander dinge om te doen."

Die jong Wessels haal die brief uit sy baadjiesak en gee dit vir Paul. Die koevert is nogal dik.

"Ek sal jou weer sien," se hy terwyl hy by die deur uitloop.

Paul bly half verdwaas met die brief in sy hand staan terwyl hy Wessels agterna kyk. Nogal 'n voorbarigheid in sy stap, dink Paul, maar sy gedagtes skuif na Miriam toe wat nou na drie jaar waarin hy van haar probeer vergeet het, verskyn.

Paul gaan sit op die rand van die riempiesbank en steek eers sy pyp op voor hy die koevert versigtig oopskeur. Voorwaar 'n dik brief, dalk meer as een. Ses velle dun blou papier is inmekaar gevou en daarby nog twee poskaarte ook. Toe hy Miriam se netjiese, fyn handskrif sien, kyk hy eers 'n slag weg en haal diep asem. …

The rest of this article is only available to active members of Questia

Already a member? Log in now.

Notes for this article

Add a new note
If you are trying to select text to create highlights or citations, remember that you must now click or tap on the first word, and then click or tap on the last word.
One moment ...
Default project is now your active project.
Project items
Notes
Cite this article

Cited article

Style
Citations are available only to our active members.
Buy instant access to cite pages or passages in MLA 8, MLA 7, APA and Chicago citation styles.

(Einhorn, 1992, p. 25)

(Einhorn 25)

(Einhorn 25)

1. Lois J. Einhorn, Abraham Lincoln, the Orator: Penetrating the Lincoln Legend (Westport, CT: Greenwood Press, 1992), 25, http://www.questia.com/read/27419298.

Note: primary sources have slightly different requirements for citation. Please see these guidelines for more information.

Cited article

Paul Roux 'N Snit Uit Die Ongepubliseerde Roman: Hoofstuk 20
Settings

Settings

Typeface
Text size Smaller Larger Reset View mode
Search within

Search within this article

Look up

Look up a word

  • Dictionary
  • Thesaurus
Please submit a word or phrase above.
Print this page

Print this page

Why can't I print more than one page at a time?

Help
Full screen
Items saved from this article
  • Highlights & Notes
  • Citations
Some of your highlights are legacy items.

Highlights saved before July 30, 2012 will not be displayed on their respective source pages.

You can easily re-create the highlights by opening the book page or article, selecting the text, and clicking “Highlight.”

matching results for page

    Questia reader help

    How to highlight and cite specific passages

    1. Click or tap the first word you want to select.
    2. Click or tap the last word you want to select, and you’ll see everything in between get selected.
    3. You’ll then get a menu of options like creating a highlight or a citation from that passage of text.

    OK, got it!

    Cited passage

    Style
    Citations are available only to our active members.
    Buy instant access to cite pages or passages in MLA 8, MLA 7, APA and Chicago citation styles.

    "Portraying himself as an honest, ordinary person helped Lincoln identify with his audiences." (Einhorn, 1992, p. 25).

    "Portraying himself as an honest, ordinary person helped Lincoln identify with his audiences." (Einhorn 25)

    "Portraying himself as an honest, ordinary person helped Lincoln identify with his audiences." (Einhorn 25)

    "Portraying himself as an honest, ordinary person helped Lincoln identify with his audiences."1

    1. Lois J. Einhorn, Abraham Lincoln, the Orator: Penetrating the Lincoln Legend (Westport, CT: Greenwood Press, 1992), 25, http://www.questia.com/read/27419298.

    Cited passage

    Thanks for trying Questia!

    Please continue trying out our research tools, but please note, full functionality is available only to our active members.

    Your work will be lost once you leave this Web page.

    Buy instant access to save your work.

    Already a member? Log in now.

    Search by... Author
    Show... All Results Primary Sources Peer-reviewed

    Oops!

    An unknown error has occurred. Please click the button below to reload the page. If the problem persists, please try again in a little while.